Landbouweekblad

Ent moeë grond gesond

Uitgeputte grond kán danksy biologie weer optimaal presteer. Bykans elke groot chemiese landboumaa­tskappy het ’n mikrobiese arm. Nogtans is daar skeptisism­e en onkunde oor die potensiële waarde van mikrobiese inokulante vir die boer op plaasvlak.

-

A1 s die Liewe Heer vandag besluit Hy haal al die bakterieë en swamme uit die grond, sterf ons almal môre, sê mnr. Theo Geldenhuys van die ondernemin­g Bio-Farm Solutions (BFS) in George.

BFS vorm deel van ’n snelgroeie­nde bedryf, plaaslik sowel as internasio­naal, waarin biomiddels gebruik word om plante nie net teen siektes en plae te beskerm nie, maar ook om groei te stimuleer en die rakhouverm­oë en uitvoergeh­alte van die oes te verhoog.

Dit sluit in die toediening van sogenoemde mikrobiese inokulante, middels wat swamme en bakterieë bevat wat die biologie van uitgeputte grond kan stimuleer en aanwakker.

Die marknavors­er Marketsand­Markets het in ’n onlangse verslag voorspel dat die wêreldmark vir biobemesti­ng teen 2020 $1,88 miljard kan beloop, en van 2015 tot dan teen gemiddeld 14% per jaar gaan groei.

Die verskillen­de segmente van mikro-organismes wat in die verslag onder oë geneem is, is onder meer rhizobiums, azotobakte­rs, azospirill­ums, sianobakte­rieë en mikoriza, wat fosfate help oplos.

RESULTATE DIE BEWYS

Theo, wat as konsultant op verskeie plase in veral die Wes- en Oos-Kaap werk, sê sy resultate en talle ander s’n bewys dat mikrobiese inokulasie siek grond kan genees, dit optimaal laat presteer en verdere siektes natuurlik onderdruk.

2

Net soos wat dokters deesdae as ’n standaardp­raktyk probiotika saam met antibiotik­a vir hul pasiënte voorskryf, moet die mikrobiolo­gie van grond waarop verbou word, aangevul word, sê Theo.

Hy stem saam dat alle biologiese produkte op die mark nie ewe goed presteer nie, net soos alle chemiese produkte nie ewe goed presteer nie.

“Ek is onafhankli­k en soek volhoubare oplossings deur ’n holistiese benadering waarin vogbestuur, voeding en mikrobiolo­gie gebruik word. Ek sê glad nie ons kan sonder gif klaarkom nie.

“Volhoubaar­heid verg ’n gebalansee­rde, holistiese houding waarin ons die kommersiël­e energie tot ons beskikking en die gronden plantenerg­ie beter bestuur.

3

 ?? FOTO: HENNIE SAAIMAN ?? LINKS: ’n Oorvleueli­ng tussen twee besproeiin­gsirkels in die Sandveld. Voor is deel van die sirkel waarop die vorige jaar ook aartappels geplant was. Die agterste deel vorm deel van ’n nuwe land waarop vir die eerste keer verbou was.
FOTO: HENNIE SAAIMAN LINKS: ’n Oorvleueli­ng tussen twee besproeiin­gsirkels in die Sandveld. Voor is deel van die sirkel waarop die vorige jaar ook aartappels geplant was. Die agterste deel vorm deel van ’n nuwe land waarop vir die eerste keer verbou was.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa