Landbouweekblad

Soetsuur skaapribbe­tjie met ’n rissieskop

-

As ek moet kies tussen vark- en skaapribbe­tjie, wen skaaprib met ’n lekker stukkie brosgebakt­e vet elke keer. Dis seker omdat ek met skaapvleis grootgemaa­k is, maar ek glo tog hierdie resep sal enige vleiseter se stem in skaaprib se guns laat swaai.

2 skaapribbe­tjies, in ribstukkie­s gesny

Pak die ribstukkie­s in ’n enkellaag in ’n nie-metaalbak. Meng ál die marinadebe­standdele goed saam en giet oor die vleis. Bedek en laat oornag (of tot twee dae lank) in die yskas marineer. Draai die ribbetjies af en toe om om seker te maak dat dit egalig marineer. Haal uit die yskas en laat dit kamertempe­ratuur bereik. Pak die ribbetjies op ’n toeklaproo­ster, geur liggies met sout en peper en braai oor matige kole tot lekker bros, of bak dit soos volg in die oond: Voorverhit die oond tot 140 ˚C. Haal die ribbetjies uit die marinade en pak in ’n enkellaag in ’n gesmeerde oondbak. Bedek met foelie en bak vir 1 uur. Haal die foelie af, verhoog die oondtemper­atuur tot 190 ˚C en skep van die

Sap van ’n halwe suurlemoen 5 ml gedroogde brandrissi­es 250 ml jogurt 5 ml sout 6 knoffelhui­sies, fyn gekap 15 ml garam masala 45 ml gesmelte botter 1 brandrissi­e, ontpit en fyn gekap 5 cm stuk vars gemmer, geskil en fyn gerasper 10 ml komyn Sap van 1 suurlemoen

15 ml elk olyfolie; botter; gerasperde, vars gemmer; gekapte, vars knoffel en garam masala 1 groen brandrissi­e 1 blik (410 g) gekapte tamaties 15 ml tamatiepas­ta Sout en suiker na smaak 250 ml room

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa