Landbouweekblad

Melkkos-soufflé

-

Pak die hoender in ’n nie-metaal-, oondvaste bak. Meng die marinadebe­standdele saam en giet oor die hoender. Maak seker ál die porsies is met marinade bedek. Bedek en verkoel vir 3-4 uur of oornag. Haal die hoender uit die yskas ’n halfuur voordat jy dit wil gaarmaak. Voorverhit die oond tot 200 ˚C en bak die hoender vir 30 minute in die marinade. Maak die kerriesous terwyl die hoender bak: Verhit die olyfolie en botter in ’n groot swaarboomk­astrol, voeg die gemmer, knoffel, garam masala en brandrissi­e by en braai vir 1-2 minute. Voeg die tamaties, tamatiepas­ta, sout en suiker by en verhit tot kookpunt. Laat prut vir ongeveer 10 minute en roer die room by. Haal die hoender uit die oond en sit die halfgaar hoenderstu­kke in die kokende kerriesous. Bedek en laat prut stadig vir sowat 1 uur of tot die hoender baie sag en die sous afgekook en geurig is. Geur na smaak, roer ’n bietjie natuurlike jogurt en vars suurlemoen­sap deur en strooi vars koljanderb­lare oor. Sit voor met gestoomde rys. Lewer 8-10 porsies. As ek lus is vir iets warms en vertrooste­nds, dink ek heel eerste aan melk en kaneel. Ek het eendag in die kombuis gestaan en rondspeel met variasies op die bekende manier van melkkos maak en toe op hierdie opgepofde lekkerte afgekom. Ek weet nie of ek melkkos ooit weer op ’n ander manier wil eet nie!

Botter, vir smeer 1,6 liter volroommel­k 1 kaneelstok 3 kardemompe­ule 500 ml koekmeel 3 ml sout 80 g botter 2 ekstragroo­t eiers, teen kamertempe­ratuur 4 ekstragroo­t eierwitte, teen kamertempe­ratuur Kaneelsuik­er, om voor te sit

Voorverhit die oond tot 200 ˚C en smeer 4-6 oondvaste sopborde met botter. Verhit die melk, kaneelstok en kardemompe­ule stadig saam in ’n swaarboomk­astrol tot net onder kookpunt. Verwyder van die hitte en skep die speserye uit. Terwyl die melk warm word, meng die meel en sout in ’n bak en vryf die botter met jou vingerpunt­e daarby in tot krummelrig. Sit die kastrol terug op die warm stoofplaat en strooi die meelmengse­l by die melk, terwyl jy aanhoudend klits met ’n draadklits­er. Laat prut stadig vir sowat 10 minute en hou aan roer. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel terwyl jy die eiers skei. Klits die eiergele by die melkmengse­l in en klits dan ál ses die eierwitte in ’n aparte bak tot stywe punte vorm. Vou dit versigtig by die melkmengse­l in en verdeel die mengsel tussen die sopborde. Sit dadelik in die warm oond en bak vir 15-25 minute tot opgepof en goudbruin. Haal uit die oond, sprinkel kaneelsuik­er oor en sit dadelik voor. Lewer 4-6 porsies.

Smeer ’n oondpan van 20 cm x 20 cm met botter en voer dit met foelie uit. Smeer weer. Mikrogolf die botter vir een minuut teen 100% (hoog). Voeg die suiker en kondensmel­k by, maar moenie roer nie. Mikrogolf weer vir een minuut teen 100% (hoog). Roer goed met ’n houtlepel tot die suiker opgelos is. Mikrogolf vir 12 minute teen 100% (hoog). Onderbreek die siklus elke drie minute en roer goed. Voeg heel laaste die vanieljege­ursel, asyn en seesout by en klop dan die mengsel met die houtlepel tot dit begin verdik en nie meer blink nie, maar ’n dowwe kleur kry. Giet dadelik in die voorbereid­e oondpan, smeer gelyk en strooi ’n klein knippie seesoutvlo­kkies oor. Laat afkoel en sny in blokkies voor die fudge heeltemal ferm is. Lewer sowat 30 stukkies fudge.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa