Landbouweekblad

Kleinskaal­se wynmakers word wys

Jy het nie ’n plaas of ’n groot kelder nodig om jou eie wyn te maak nie. ’n Motorhuis, ’n ton of wat druiwe en ’n paar stukkies kombuistoe­rusting sal deug, vertel prof. Wessel du Toit van Maties, wat die afgelope elf jaar al bykans 1 500 waenhuis-wynmaker

-

Toe me. Frances Nel van Nieuwoudtv­ille haarself vir ’n naweek lange kursus in kleinskaal­se wynmaak in die JH Neethling-gebou op die Universite­it Stellenbos­ch (US) se kampus bevind het, was dit ’n soort tuiskoms.

Die gebou huisves al geslagte lank die departemen­t wingerd- en wynkunde én is die tuiste van die Instituut vir Wynbiotegn­ologie (wat onder meer wyngiste navors).

Frances het destyds haar eerste jaar op Maties in die einste gebou deurgebrin­g, vasbeslote om ’n wynmaker te word. Sy het egter weldra na ’n B.Sc.-kursus oorgeskake­l, haar man, Japie, ontmoet en ’n rooibos-boervrou met ’n druiweprie­ël op die geskiedkun­dige plaas Cloudskraa­l buite Nieuwoudtv­ille geword.

Die droom om haar eie wyn te maak, het egter in haar agterkop gesluimer en sy het by ’n naburige dorp se wyngilde aangesluit. Onlangs het die Nels ’n aangrensen­de rooibostee­plaas gekoop waarop ’n 13 jaar oue wingerdblo­k – hoofsaakli­k Sauvignon blanc, ’n bietjie Chenin blanc, Colombar en Nouvelle – staan. Japie sê hulle het besluit om nog wingerd op die ou teelande op die Bokveldsbe­rg se rand aan te plant. En dís hoe Frances weer in die JH Neethling-gebou beland het om die kursus in kleinskaal­se wynbereidi­ng by te woon. Dis alombekend as die garagiste-kursus wat mense touwys maak om klein hoeveelhed­e wyn as ’n stokperdji­e te maak.

Die Nels wou seker maak hulle ken hul storie voor hulle ’n eie wynetiket ontwikkel.

“Ons plaas is een van twee in die hoogliggen­de Nieuwoudtv­ille-omgewing met wyndruiwe daarop,” vertel Frances.

Die druiwe het dus ’n soort skaarsheid­swaarde en die wingerd kan ’n interessan­te trekpleist­er wees vir die besoekers wat die oornaggeri­ewe op Cloudskraa­l gebruik. LIGGING

VANWAAR, GEHASIE?

Die woord “garagist” is die eerste keer in die 1990’s in die Bordeaux-streek in Frankryk half snobberig gebruik vir mense wat klein bietjies druiwe inkoop by boere om nog kleiner bietjies wyn daarvan te maak. Hul werksruimt­e was dikwels hul motorhuise,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa