Landbouweekblad

Dis droog, maar boere presteer

Strookbewe­rking en noukeurige bestuur het ’n Oos-Kaapse boer gehelp om 23,92 ton mielies per hektaar te stroop.

-

Vanjaar het 22 boere aan Cradock Saad se 20 ton-mielieskom­petisie deelgeneem. Die wenner in die noordelike streek is mnr. Erich Cloete van die plaas Sanctuary in die distrik Cradock. Hy het 23,92 t/ha gestroop. Hy het in 1980 saam met sy pa begin boer, en boer met mielies, lusern, pekanneute en Dormers.

Sowat tien jaar gelede het hy mielieproe­we met die samewerkin­g van Cradock Saad geplant. Dit het ’n gemiddelde opbrengs van 16-17 ton per hektaar gelewer. In die eerste kompetisie in 2014 het Erich ’n opbrengs van 18,87 ton mielies per hektaar behaal, wat die tweede plek aan hom besorg het.

Erich glo aan 100% plantestan­d, 100% ontkieming, goeie waterbestu­ur en geen onkruid. Om daardie rede gebruik hy Roundup Ready-kultivars van Monsanto. Hy meen die beste planttyd is van 1 Oktober tot einde November, maar die plantdatum word bepaal deur die klimaat en seisoen.

Erich se plantestan­d vanjaar was 95 000 per hektaar. Hy het die kultivar DKC 6478BR GEN van Monsanto gebruik.

BEMESTINGS­PROGRAM

Die sukses van Erich se mielie-opbrengs is aan strookbewe­rking te danke. Benewens Cradock Saad se bemestings­program het hy 048 881 1366. cradocksaa­d1@isat.co.za. ook bykomende mikro-elemente gebruik.

“Strookbewe­rking bespaar koste en verhoog die plantspoed omdat jy net een keer oor die land met jou masjien gaan,” sê hy.

Die afgelope mielieseis­oen was moeilik weens die hoë hitte-eenhede. Dit was ’n moeilike, warm en droë seisoen.

Hy hou nie van kompetisie­s nie, sê Erich, maar dit maak hom bewus van ander mense se boerderyme­todes en hul suksesse. As iemand vyf jaar gelede vir hom gesê het hy gaan 24 t/ha oes, sou hy dit met knippie sout gevat het.

“Twee jaar gelede het niemand ’n opbrengs van 20 t/ha behaal nie. Vanjaar is al die wenners bokant 20 t/ha. Dít is die kompetisie.”

PLANTMETOD­E

Met planttyd gebruik Erich ’n mengsel van fosfaat en kalium teen 450 kg per hektaar. Ná opkoms dien hy elke 14 dae 200 kg van ’n NPK-mengsel toe totdat hy 800 kg stikstof per hektaar toegedien het.

Erich het spooreleme­nte van Cradock Saad gebruik wat deur Metson geformulee­r is. Dit bestaan uit Cradock Saad Seewier, Cradock Saad Sink en ’n mieliemeng­sel.

Hy gebruik Roundup Ready-kultivars van Monsanto en bespuit die lande met ’n Roundup Ready-onkruiddod­er 14 dae ná opkoms. Hy bespuit dit daarna nog ’n keer.

Erich het al in die verlede tot 120 hektaar 082 550 4499, LINKS: REGS: mielies geplant. In die komende seisoen beoog hy om 70 hektaar te beplant.

Hy het 11 jaar gelede die Albrecht-stelsel bestudeer en daarna besluit om vir die eerste keer kalk en gips oor die landerye te strooi. Die opmerkings van plaaslike boere was dat dit nie ’n algemene praktyk is nie, maar Erich glo daarin om sy grondstatu­s reg te stel voordat hy begin plant.

“Dit stel alle voedingsto­wwe beskikbaar aan die plant. Ek glo dit is my wenresep.”

Om boere in die gebied tot hoër produksie aan te moedig, het mnr. Dirkie Visser van Cradock Saad met die samewerkin­g van ’n aantal borge drie jaar gelede die 20 ton-kompetisie begin.

Dit daag boere uit om met ’n bietjie toewyding, voldoende kunsmis, beter bewerkings­praktyke en beter kultivars 20 ton mielies per hektaar te oes. WENNERS

DIE WENNERS VAN CRADOCK SAAD 20 TONMIELIEK­OMPETISIE VIR DIE NOORDELIKE STREEK

ALGEHELE WENNER: Mnr. Erich Cloete van die plaas Sanctuary, Cradock, met 23,92 t/ha met die mieliekult­ivar DKC 6478BR GEN van Monsanto.

NAASWENNER: Mnr. Izak van der Merwe van die plaas Kransfonte­in, Colesberg, met 21,76 t/ha met die mieliekult­ivar PHI 31D22 BR van Pioneer.

 ??  ?? Mnr. Erich Cloete is vanjaar die wenner van Cradock Saad se 20 ton-kompetisie in die noordelike streek met sy opbrengs van 23,92 t/ha.
Mnr. Erich Cloete is vanjaar die wenner van Cradock Saad se 20 ton-kompetisie in die noordelike streek met sy opbrengs van 23,92 t/ha.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa