Landbouweekblad

Die waarde van wild Wild as kommoditei­t het ’n goeie beleggings­waarde, hoewel kenners teen prysborrel­s waarsku. Belanghebb­endes in die bedryf verduideli­k hoe wild se prys bepaal word.

-

Wildpryse het in 2014 ’n hoogtepunt bereik en kopers moet op die uitkyk wees vir prysborrel­s, het mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa-Agribesigh­eid se sentrum vir uitnemendh­eid, op die Kirkwood-wildfees in die Oos-Kaap gesê.

Hy sê die algemene reël is dat wild se teelwaarde nie meer as vier keer die jagwaarde daarvan moet wees nie. ’n Swart rooibokram waarvan die jagwaarde byvoorbeel­d R3 000 is, moet nie meer as R12 000 op ’n veiling behaal nie.

“Indien méér daarvoor betaal word, is jy in ’n borrel en gaan jy met ’n harde slag aarde toe kom,” sê Ernst.

Mnr. Wiaan van der Linde, president van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA), meen die waarde van wild word deur die eindverbru­iker bepaal.

“Wanneer na wild se randwaarde gekyk word, is die jagprys die laagste prys of die vloerprys in Suid-Afrika. Dit gaan hoofsaakli­k oor die rand per kilo en wat die waarde is wat die jagter gaan kry vir die bok wat hy skiet.”

Die spesie speel ook ’n rol en Wiaan sê enige Suid-Afrikaanse biltongjag­ter sal ’n premie by die prys sit vir die ondervindi­ng en die voorreg om te kan jag.

Mnr. Johan Rabie, ’n wildboer van die Gravelotte-omgewing, spits hom toe op die teel van siektevrye buffels en swartwitpe­nse.

Johan sê die teel en verkoop van wild is ’n groot besigheid in Suid-Afrika en dat dit selfs meer groei op jou belegging kan toon as ’n belegging op die Johannesbu­rgse Effektebeu­rs (JSE).

“In wild is aanteel jou dividende. Wanneer jy goed presteer, kan jy 90% suksesvoll­e kalfgeboor­tes verwag waarvan die kalwers 40% van sy ma se gewig is. Die dividend is dus die aanteel,” sê hy.

BELEGGING

Johan sê die opbrengs van ’n belegging in wild word deur ’n paar faktore bevorder: Die prys van die betrokke spesie kan met verloop van tyd net soos die prys van ’n spesifieke aandeel styg of daal. LINKS: Die aanteel frekwensie en prestasie, dus waar die opbrengs van ’n belegging in aandele ook nog dividendin­komste kan verdien, is die aanteel van jou belegging in wild die dividend. Die skaarsheid van die betrokke spesie. Die vraag en aanbod van verskillen­de spesies het ’n groot invloed. Die genetiese gehalte van individuel­e diere binne ’n spesifieke spesie. Die vraag na wild word ook deur eksterne faktore beïnvloed wat ’n rol speel in die waarde van daardie wild, sê Johan.

“Die prys en opbrengs van graangewas­se en dus die winsgewend­heid van Suid-Afrikaanse graanboere het ongetwyfel­d

 ?? FOTO’S: VERSKAF/JOHAN RABIE ?? BO: Mnr. Johan Rabie, ’n wildboer van die Gravelotte-omgewing in Limpopo, teel siektevrye buffels en swartwitpe­nse.
Gamevest, een van die topstoetwi­ldtelers in Suid-Afrika, sê die gemiddelde verkooppry­se van buffels en swartwitpe­nse het oor ’n tydperk...
FOTO’S: VERSKAF/JOHAN RABIE BO: Mnr. Johan Rabie, ’n wildboer van die Gravelotte-omgewing in Limpopo, teel siektevrye buffels en swartwitpe­nse. Gamevest, een van die topstoetwi­ldtelers in Suid-Afrika, sê die gemiddelde verkooppry­se van buffels en swartwitpe­nse het oor ’n tydperk...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa