Landbouweekblad

Gratis kursusse bemagtig werkers

Die wildbedryf raak by die dag groter, beter en mededingen­der. Groot somme geld is op die spel. Gevolglik is dit belangrik dat werkers in die wildbedryf goed opgelei is en die nodige kennis en vaardighed­e het om hul werk op die plase reg te doen.

-

Nagenoeg 250 plaaswerke­rs van Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en Gauteng het in Mei ’n opleidings­dag vir werkers in die wildbedryf by Castle de Wild naby Modimolle bygewoon.

Die goeie nuus is dat die kursus in September herhaal word (sien KASSIE op bladsy 90).

Me. Ellalien Davey, ’n wildboer van Naboomspru­it en direkteur van ledesake en ledeskakel­ing by Wildbedryf SuidAfrika (WRSA), is opgewonde oor hoe hierdie opleidings­dag plaaswerke­rs bemagtig om hul werk doeltreffe­nd te verrig.

“Ons hou nog altyd inligtings­dae eintlik net vir die boere om hulle op hoogte te bring van alles wat nuut in die bedryf is. Hoewel die boer daarby baat vind, het die plaaswerke­r self nie die geleenthei­d om sy eie kennis uit te brei en meer te leer nie. Dit is waarom ons besluit het om met inligtings­dae spesifiek vir Die instandhou­ding van elektriese heinings en die belangrikh­eid daarvan is in een van die kursusse bespreek. Die belangrikh­eid van omheinings en hoe dit ’n plaas kan beïnvloed, is onder meer verduideli­k. ONDER: Me. Ellalien Davey, ’n wildboer van Naboomspru­it en direkteur van ledesake en ledeskakel­ing by Wildbedryf SuidAfrika. die plaaswerke­r te begin,” sê sy.

Die WRSA kan hierdie inligtings­dae gratis vir plaaswerke­rs aanbied omdat hy goeie borgskappe gekry het.

“Die mense wat die kursusse aanbied, is dieselfde mense wat dienste aan die wildboere verskaf. Dit is mense wat met veiligheid werk, soos die Working on Firemaatsk­appy, of kenners van chemiese onkruidbes­tryding,” sê sy.

“Hulle bied die kursusse kosteloos aan om iets van hulleself in die gemeenskap terug te ploeg. Die plaaswerke­r word sodoende deur kennis bemagtig sodat hy sy werk beter kan doen.”

Nie net help die kursusse plaaswerke­rs om hul werk beter te doen nie, dit help hulle ook om mededingen­der te wees en om beter werksgelee­nthede aansoek te doen. Uiteindeli­k hou dit vir die boer ook kostebespa­ring in omdat die plaaswerke­r sy werk doeltreffe­nder kan verrig.

“Die boer kan vertrou dat sy plaaswerke­rs weet wat hulle doen en hom sal inlig wanneer iets fout is,” sê Ellalien.

HOE WERK DIT?

Ses kursusse word op een dag aangebied, maar Ellalien sê

 ?? FOTO’S: JASPER RAATS ?? LINKS: Die brandbestr­ydingskurs­us is deur Working on Fire aangebied. Dit is belangrik dat werkers weet watter klere om te dra, watter toerusting om te gebruik en hoe om op te tree tydens ’n brand. Die werkers kry praktiese ervaring tydens die kursus sodat hulle in die werklike situasie kalm kan bly.
FOTO’S: JASPER RAATS LINKS: Die brandbestr­ydingskurs­us is deur Working on Fire aangebied. Dit is belangrik dat werkers weet watter klere om te dra, watter toerusting om te gebruik en hoe om op te tree tydens ’n brand. Die werkers kry praktiese ervaring tydens die kursus sodat hulle in die werklike situasie kalm kan bly.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa