Landbouweekblad

Eienaars van renosters hoop op wettige handel

Sonder ’n moratorium kan renosterho­ring op ’n wettige en deursigtig­e manier van die hand gesit word sonder dat horings in die sluikhande­l beland. Aan die een kant moet natuurlike hulpbronne bewaar word, maar aan die ander kant moet boere iets vir hul prod

-

Die volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne is ’n beginsel waartoe me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsa­ke, en die Vereniging vir Private Renosterei­enaars (PROA) hulle onlangs opnuut verbind het.

Dit kom ten spyte daarvan dat SuidAfrika se renosterei­enaars meen die Regering laat hulle in die steek met sy besluit om nie in September op die vergaderin­g van die konvensie oor internasio­nale handel in bedreigde spesies (Cites) aansoek te doen om die opheffing van die internasio­nale verbod op handel in renosterho­ring nie.

“Die minister het die kabinet se besluit aan ons verduideli­k. Hoewel ons nie met die siening saamstem nie, respekteer ons die minister se standpunt,” sê dr. Peter Oberem, ondervoors­itter van Wildbedryf SuidAfrika (WRSA).

Mnr. Pelham Jones, voorsitter van die PROA, sê hulle het wel op die vergaderin­g ’n beroep op die minister gedoen om boere wat renosters op eie koste teen stropers beskerm, te beloon of op ’n manier te vergoed.

“Ons sien om na ’n derde van die land se renosterbe­volking. Ons kan nie ’n sent uit ons diere verdien nie, want daar is ’n moratorium op handel wat die minister nie wil laat vaar nie.”

Die minister het haar nou tot die Grondwetho­f gewend nadat die Appèlhof die Regering se appèl teen ’n beslissing van die NoordGaute­ngse Hooggeregs­hof dat die moratorium opgehef moet word, verwerp het. Renosterei­enaars hoop dat die Grondwetho­f ook sal vind dat die moratorium nie ’n geldige stuk wetgewing is nie.

“Ons het dit aan die minister duidelik gemaak dat ons dit as ons grondwetli­ke reg beskou om ons renosters volhoubaar te benut net soos wat dit ’n wolboer se reg is om sy skape te skeer en die wol teen ’n wins te verkoop,” sê Pelham. Private renosterei­enaars in Suid-Afrika besit omtrent ’n derde van die land se renosters en beskerm hierdie diere teen groot persoonlik­e risiko en koste teen stropers.

HANDELSPLA­N VIR SA

Pelham sê renosterei­enaars het op ’n vergaderin­g in Junie ’n mandaat aan die PROA gegee om die lewensvatb­aarheid van ’n binnelands­e handelstru­ktuur te ondersoek waar eienaarska­psertifika­te verhandel word.

“Die model waarna ons kyk, behels dat renosterei­enaars die horings wat hulle oes, na ’n sentrale bewaargeri­ef bring waar eienaarska­psertifika­te aan hulle uitgereik word,” sê hy. Daardie sertifikat­e sal eintlik net ’n uitvloeise­l van die regulasies oor bedreigde of beskermde diersoorte (Tops) vir die besit van die horing sal wees.

“Ons ondersoek die moontlikhe­id om dan met daardie eienaarska­psertifika­te op die termynmark handel te dryf.”

Pelham bly hoopvol dat die internasio­nale verbod op renosterho­ring uiteindeli­k opgehef sal word, maar sê dat die verhandeli­ng van renosterho­ring op termynmark­te intussen vir boere ’n manier sal bied om iets vir hul produk te verdien.

“As daar nie meer ’n moratorium is nie, sal dié stelsel ’n wettige en deursigtig­e manier

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa