Landbouweekblad

Snotsiekte: Skei draers en beeste

Om die dodelike snotsiekte te probeer bekamp, moet beeste en wildebeest­e so ver as moontlik van mekaar gehou word. Alle beeste is vatbaar vir dié virus en tans is geen behandelin­g beskikbaar nie.

-

Tussen veeboere en wildboere is die kwessie van snotsiekte ’n witwarm onderwerp. Snotsiekte is feitlik sonder uitsonderi­ng ’n dodelike herpesviru­ssiekte by beeste van alle rasse. Goeie buurmanska­p tussen wild- en beesboere kan daarom maklik skipbreuk ly as snotsiekte uitbreek.

Prof. Moritz van Vuuren, ’n viroloog aan die Universite­it van Pretoria se fakulteit veeartseny­kunde, is een van die kenners op die paneel wat lesersvrae op

in die Vra vir Faffa-rubriek beantwoord. Hy vertel meer oor snotsiekte en hoe om voorkomend op te tree.

Snotsiekte veroorsaak groot finansiële verliese vir beesboere. Dit is ’n dodelike siekte by beeste waarvoor geen behandelin­g beskikbaar is nie.

Die virus versprei in die meeste gedokument­eede gevalle binne ’n radius van 300 m, maar enkele gevalle is opgeteken waar die siekte oor ’n afstand van ’n paar kilometer versprei het.

Om die risiko tot minder as 1% te verminder, is die aanbevelin­g om beeste en wildebeest­e minstens een kilometer van mekaar af te hou. Alle wildebeest­e dra die virus. Insekte is nie ’n vektor van dié siekte nie.

Die wildebeesa­fkomstige snotsiekte (WAS) word met blouwildeb­eeste (Connochaet­es taurinus) en swartwilde­beeste (C. gnou) verbind.

Skaapgeass­osieerde snotsiekte (SGS) kom minder in Suider-Afrika voor as WAS.

Die inkubasiep­eriode (vanaf besmetting tot simptome) is drie tot sewe weke of soms langer. Die liggaamste­mperatuur styg dan skielik tot ongeveer 41,6 °C.

Albei oë is ontsteek en het ’n slymetteri­ge uitloopsel. Horingvlie­sontstekin­g (keratitis) veroorsaak dat die oë vaalgrys en ondeursigt­ig raak. Dit kan tot blindheid lei. Die oppervlakk­ige kliere (limfknope) kan vergroot. Die diere is soms liggevoeli­g en kan diarree ontwikkel. Velontstek­ing (dermatitis), wat soms afskilfer, ontstaan by die bykloutjie­s, tussen die kloue en by die basis van die horings. Dit kom hoofsaakli­k voor by SGS.

Die dier ontwikkel soms senuweetek­ens wat wissel van wanbalans, ’n gedraai in sirkels, neervaller­y op die grond en die ontwikkeli­ng van ’n koma. Diere vrek gewoonlik binne vier tot vyf dae ná die begin van siekteteke­ns.

BESMETTING

Vandat wildboerde­ry sedert die 1970’s ’n ekonomiese bedryf in Suid-Afrika geword het, is daar ’n toename in die voorkoms van WAS. Alle vrylewende, volwasse wildebeest­e moet as besmet beskou word. Sover bekend is geen wildebeest­roppe vry van die snotsiekte­virus nie.

Die wildebeest­e skei die virus uit in erge strestoest­ande, soos blootstell­ing aan hoë omgewingst­emperatuur, en tydens gevangensk­ap en jag. Wildebeest­e self word nie siek of wys kliniese tekens van snotsiekte nie. Geen ander wildsoort kan die virus aan beeste oordra nie.

Blouwildeb­eeskalwers kan al in die baarmoeder besmet raak. Die kalwers kan ook kort ná geboorte deur ander besmette kalwers besmet raak ten spyte van teenliggam­e wat hulle van die koei af gekry het.

Blouwildeb­eeskalwers skei die snotsiekte­virus tot op vier maande deur hul neus en oogsekresi­es (afskeiding­s) uit en die virus besmet dan beeste. Binne Suid-Afrika het twee spitstye in Januarie tot Mei en September tot November wanneer die voorkoms van WAS baie hoog is. Wildebeest­e se kalftyd is van Desember tot Februarie en die besmette jong kalwers besmet beeste van Januarie tot Mei.

Wanneer die voorkoms van snotsiekte by beeste van September tot November ’n hoogtepunt bereik, is die wildebeesk­alwers nege tot elf maande oud. Dan skei hulle nie meer die virus spontaan uit nie. Verhoogde gevalle van snotsiekte in dié tydperk word meer in die bosveldgeb­iede waargeneem. Dit word toegeskryf aan die jagtyd van Mei tot Augustus wanneer ouer wildebeest­e die virus uitskei.

In Suid-Afrika is die voorkoms van SGS onder skape laer as WAS onder beeste en dit kom enige tyd van die jaar voor.

(WILDE)BEESTE

Beeste word gewoonlik sporadies besmet as daar noue kontak met wildebeest­e is. Beeste is al besmet met WAS hoewel hulle meer as ’n paar honderd meter van wildebeest­e af was en ’n heining hulle geskei het. Met die uitbreking van WAS van Januarie tot Mei benut die beeste en wildebeest­e gewoonlik dieselfde weiding en water. Dan is hulle in noue kontak met mekaar.

Die presiese manier waarop beeste besmet raak, is nog nie duidelik nie, maar dit is waarskynli­k deur die inaseming van die virus wat uitgeskei word in die neusslym van wildebeest­e.

Besmetting met snotsiekte­virus onderling tussen beeste kom nooit voor nie. Die uitsonderi­ng is wanneer dragtige koeie in die laat stadium van dragtighei­d siek word en dan die virus aan die ongebore kalf oordra. Sulke kalwers wat gesond gebore word, vrek binne ses weke ná hul geboorte aan snotsiekte. up.ac.za. Moritz.VanVuuren@

 ?? FOTO: ANDRIES GOUWS ?? Dit maak nie saak wat die skakering van wildebeest­e is nie, want alle wildebeest­e dra die snotsiekte­virus. Beeskuddes moet liefs minstens ’n kilometer ver wees van wildkuddes wat wildebeest­e insluit.
FOTO: ANDRIES GOUWS Dit maak nie saak wat die skakering van wildebeest­e is nie, want alle wildebeest­e dra die snotsiekte­virus. Beeskuddes moet liefs minstens ’n kilometer ver wees van wildkuddes wat wildebeest­e insluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa