Landbouweekblad

Makietie metwilden wyn steun droogtefon­ds

Die hele gesin kan saamkuier en aan allerlei lekkernye smul op ’n fees in Gauteng wat wildsvleis en wyn in die kollig plaas. Daarby gaan ’n groot deel van die opbrengs van die fees gebruik word om boere te help.

-

Min dinge kan kers vashou by die smaaklike kombinasie van wildsvleis, biltong en wyn. Voeg daarby ’n paar dae se verblyf in die bos of ’n jagtog saam met vriende en jy het ’n wenresep wat al jou sintuie sal beïndruk.

Die Leriba-hotelgroep in Centurion beoog ’n reusefees wat wildsvleis­geregte en uitstekend­e wyn kombineer met ’n uitstallin­g van die land se voorste ekotoerism­ebestemmin­gs en jaggeleent­hede.

Dié wild-en-wynfees, A Wildlife and Wine Affair, word op 24 en 25 September by die Leriba Hotel en Spa in Clubview, Centurion, aangebied.

Dit is ’n kuiergelee­ntheid vir die hele gesin en ook ’n geleenthei­d om die stad nader aan die bos te bring. In een van die land se ergste droogtes nog kry wildboere ook baie swaar. Daarom is die geleenthei­d ten bate van die Droogtehul­pfonds.

“Ons werk nou saam met Agri SA, Absa en Landbouwee­kblad. ’n Deel van die geld wat met die geleenthei­d ingesamel word, gaan reguit na die Droogtehul­pfonds,” sê mnr. Peet du Preez, eienaar en uitvoerend­e hoof van die hotelgroep.

“Die SANParke Ereveldwag­ters ondersteun die geleenthei­d. Feesganger­s sal hul volgende wegbreek na enige nasionale park daar en dan kan bespreek.”

WIE STAL UIT?

Wildplase, reservate en wynlandgoe­dere sal hul produkte en dienste tydens die fees beter bekend stel op Leriba se uitgestrek­te grasperke onder die koeltebome. Wees dus op die uitkyk vir wyn teen kosprys, spesiale aanbieding­e op verblyf, wildbesigt­iging en jagpakkett­e (vir die volgende jagtyd).

SANParke Ereveldwag­ters bied prettige, opvoedkund­ige sessies vir die jongklomp – en grootmense – aan oor natuurbewa­ring. Feesganger­s sal nader kennis kan maak met ’n paar gewone en ongewone diere.

WILD EN WYN

Uitgesoekt­e Kaapse wynplase bied gratis wynproegel­eenthede Lus vir ’n slukkie Pinotage en ’n springbokb­urger? Maak seker jy koop jou kaartjie vir A Wildlife and Wine Affair gedurende September in Centurion vir soortgelyk­e smulkos en wyn. aan en wyn is teen kelderprys­e te koop. Die verskillen­de wildsplase en reservate sal ook gratis wildsvleis­happies vir honger feesganger­s aanbied.

Leriba se topsjefs sal verder allerlei peuselhapp­ies, varsgebakt­e brood en slaaie aanbied. Diegene wat nie net wil peusel en proe nie, kan by enige van Leriba se restaurant­e draai vir vyfstermaa­ltye.

KAARTJIES

A Wildlife and Wine Affair word op Saterdag en Sondag 24 en 25 September van 10:00 tot 17:00 aangebied. Voorafbesp­rekings is noodsaakli­k en kaartjies is beskikbaar by Computicke­t.

Kaartjies kos R185 en kinders jonger as 12 jaar kry gratis toegang. Ingesluit by die toegangsge­ld is gratis wynproe (slegs volwassene­s) en ’n peuselbuff­et. Feesganger­s kry ook toegang tot uitstaller­s se spesiale pryse vir wyn, wegbreekna­weke en jagpakkett­e.

Leriba Hotel en Spa is langs die Hennopsriv­ier by Endlaan 245, Clubview, Centurion. Veilige parkering is vir besoekers beskikbaar.

 ?? FOTO: ARGIEF/NEVILLE LOCKHART ??
FOTO: ARGIEF/NEVILLE LOCKHART
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa