Landbouweekblad

Wilde diere kry ook in droogtetye swaar. Hulle moet dus genoeg van die regte byvoeding kry, skryf Jaco Smit van Opti Feeds.

-

spesies verskil.

Die voedingsbe­hoeftes van diere word wetenskapl­ik in metabolies­e kratte bepaal. In die geval van wild sal dit egter ’n moeilike én duur proses wees wat groot stres op die diere sal plaas. Tot dusver was dit nie haalbaar om dié diere se behoeftes te bepaal nie.

Die voedingsbe­hoeftes van wild in ’n intensiewe omgewing word afgelei van die behoeftes van vee: Die buffel word met die bees vergelyk, blaarvrete­rs met bokke, kleiner wildsbokke met skape en die sebra met die perd.

Voeding en voedingstr­ategieë verskil natuurlik ook in die somer en die winter. In die winter het veld ’n lae voedingswa­arde met die proteïenin­houd wat tot so laag as 2-3% daal. Dit is belangrik om te weet nie net die diere ly aan tekorte nie, maar ook die rumenmikro­bes. Die mikrobes moet dus gevoer word sodat die beskikbare plantmater­iaal optimaal benut kan word. Hierdie mikrobe-bevolking moet gehandhaaf word om te keer dat die dier kondisie verloor.

Wanvoeding het ’n groot impak op reproduksi­e. Vroulike diere hou op ovuleer wanneer hul kondisie onder ’n sekere punt val. Ovulasie hervat eers sodra hul kondisie herstel het.

In baie gevalle in die natuur en wildtuine kalf of lam ’n dier net een keer per jaar. Die diere se tussenkalf­periode kan met genoeg byvoeding gemanipule­er word om meer kalwers of lammers in ’n korter tydperk te lewer. Só is sewe swartwitpe­nskalwers elke ses jaar haalbaar, wat uiteraard geld in die boer se sak beteken.

MENGSELS

Die betrokke veevoerver­skaffer moet die beste moontlike voormengse­l, wat organiese sowel as anorganies­e minerale bevat, gebruik. Die voormengse­l moet ook die volgende insluit: 018 632 4053, 082 714 1348. BO: Spesifieke vitamiene, wat toegespits is op reproduksi­e, melkproduk­sie, horinggroe­i en gesondheid. Verbyvloei­vette, wat help met haarkleed, vrugbaarhe­id en energieaan­vulling. Verbyvloei­proteïene, wat help met melkproduk­sie, horinggroe­i en spierbou. Grondstoww­e van ’n goeie gehalte kos geld, maar as die geldwaarde van die dier in ag geneem word, is die uitgawe aan die beste voer ’n klein opoffering om te maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa