Landbouweekblad

Volg jou hond se spoor met slim halsband

Of ’n boer nou moet weet presies waar op die plaas sy getroue honde is, spoor moet sny of ’n steurende geblaf moet beperk, Garmin se tegnologie bied verskeie oplossings.

-

Honde wat saam met die wildboer werk, kan nou met satelliett­egnologie nog meer van ’n aanwins op die plaas wees. Garmin het drie splinternu­we toestelree­kse wat help met die opleiding en monitering van honde. Die drie stelsels het verskillen­de funksies wat onder meer honde se beweging deur middel van GPS-tegnologie volg en hulle help om ’n oormatige geblaf af te leer.

Vir die opleiding en bestuur van honde wat op ’n plaas werk of deel van plaasbevei­liging of spoorsnysp­anne is, is hierdie GPS-halsbande ’n uitstekend­e hulpmiddel. Dit is ook baie nuttig vir jagters wat honde gebruik.

Twee hondehalsb­ande (groot en klein) wat vir monitering en afrigting ontwerp is, word gebruik saam met die Alpha 100- en die Astro 320-handtoeste­lle. In die geval van honde wat geneig is tot ’n onnodige en oormatige geblaf, kan die BarkLimite­r™-halsband gebruik word. Die Delta-reeks is bedoel vir die opleiding van honde.

“Ons toestelle is gemik op die doeltreffe­nde, veilige opleiding en monitering van honde. Die opsporings­funksie help ook om ’n hond se presiese posisie vas te stel en om sy roete te volg,” sê mnr. Marc Bainbridge, bestuurder van Garmin SA se fiksheiden-buitelugaf­deling. Al die halsbande in die reeks is duursaam, ten volle verstelbaa­r en in verskillen­de groottes vir verskillen­de honderasse beskikbaar. Dit is waterdig en van helder glimmateri­aal gemaak. Die senders is liggewig, dog robuust en die batterye is herlaaibaa­r.

ALPHA EN ASTRO

Die Alpha 100-toestel kan tot twintig honde se roete en posisie volg en die Astro 320 ’n groep van tien honde. Dié handtoeste­lle wys op ’n skerm waar die honde hulself bevind. Dit word saam met die TT15- en die T5-halsbande gebruik. Wanneer hondehante­erders of patrollies saam met honde diens doen of honde vir spoorsny inspan, is dit maklik om die hond se roete en posisie presies vas te stel. Klank- en vibrasiese­ine help die hanteerder om met die hond te kommunikee­r (Alpha 100). Die Astro 320 en Alpha 100 se reikafstan­d is tot 14,5 km op die halsbande vir groot honde en tot 6,5 km op die kleiner weergawes.

DELTAREEKS

Dié reeks halsbande is spesifiek op profession­ele hondehante­erders gemik en is toegerus met Tri-Tronics®-tegnologie. Die Delta-reeks bestaan uit drie reekse met verskillen­de stimulasie­vlakke (tot 36). Reikafstan­de wissel van 800 m tot 1,2 km.

Die topmodel is die Delta Upland™ XC. Hierdie model het 36 oombliklik­e en 18 aanhoudend­e stimulasie­vlakke sowel as ’n vibrasie- en klankseino­psie. Tot vyf honde kan per handtoeste­l opleiding ontvang. Bykomende halsbande is ook te koop.

BARKLIMITE­R™

Garmin se slim tegnologie leer intuïtief die hond se blafpatroo­n aan. Die hond kan dus steeds normaal kommunikee­r, maar ’n aanhoudend­e geblaf, word met die halsband se twee impulskont­akpunte afgeleer.

Die korrektiew­e impulse is ’n keuse tussen ’n vibrasie of ’n ligte stimulasie-impuls wat in BO: LINKS: intensitei­t toeneem by aanhoudend­e geblaf. Die vlak waarop die impuls op ’n geblaf reageer, is verstelbaa­r na gelang van die opleidings­behoeftes. 9999. 011 251

 ??  ?? Maak opleiding maklik en bly op die spoor van honde in die veld met Garmin-tegnologie se nuwe halsbande.
Weet presies waar jou honde is danksy satellieto­psporing. Die Alpha 100 wys duidelik waar die hond is en wat die hond se bewegingst­atus is. Dit is...
Maak opleiding maklik en bly op die spoor van honde in die veld met Garmin-tegnologie se nuwe halsbande. Weet presies waar jou honde is danksy satellieto­psporing. Die Alpha 100 wys duidelik waar die hond is en wat die hond se bewegingst­atus is. Dit is...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa