BFAP-STIGTER OP PAD NA STELLENBOSCH
Prof. Johann Kirsten word op 1 Augustus die nuwe direkteur van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het met NICO VAN BURICK oor die nuwe uitdaging gesels.
KIRSTEN was bykans twee dekades lank die hoof van die department landbou-ekonomie, voorligting en landelike ontwikkeling aan die Universiteit van Pretoria. Ná soveel jaar is dit nogal ’n groot skuif, sê Kirsten.
In sy honneursjaar op Stellenbosch het hy meer met ekonomiese en makro-ekonomiese sake as met landbou-ekonomie gewerk. Ná 30 jaar keer hy nou terug na dít waarin hy destyds belang gestel het, soos die verslae van die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds.
“Dit is egter ’n haakplek om van ’n sektorale dimensie na die makro-ekonomie te gaan, waar ’n mens te doen het met goed soos nasionale rekeninge, monetêre beleid en ekonomiese vooruitskattings,” sê hy.
Aan die ander kant, sê Kirsten, as ’n mens binne die plofbare sektor van die landbou kon werk, het jy beslis ekonomiese logika. “Wat dit ook makliker maak, is dat ek in ’n goed gevestigde en gerespekteerde instelling instap met ’n ongelooflike span wat ’n mens net moet bestuur en dalk ’n bietjie moeiliker vrae moet vra.” ons het, nog gepas is – nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Is dit nog sinvol te midde van al die ongelykhede, armoede en werkloosheid wat oral ondervind word? Miskien moet ons ’n bietjie meer in die rigting van beleidsvoorstelle begin werk. Dit is uit die aard van die saak ’n netelige kwessie, maar ’n mens sal die vrae moet vra oor hoe om groei te kry wat inklusief is. Hoe kry jy die goeie deel van kapitalisme, die goeie deel van sosialisme en die goeie deel van demokratiese sosialisme almal bymekaar om historiese ongelykhede uit die weg te ruim? Die BEO het goeie kennis van die landsekonomie, puik vooruitskattingsmodelle, goeie sin vir die konjunktuursiklus en al die leidende indikatore, soos sakevertroue. Met al daardie aanwysers kan beleidsbesluite beïnvloed word en kritieke vrae gevra word. Ek glo darem nie so nie. Daar is baie verbintenisse tussen die landbou en die makro-ekonomie. Die makro-ekonomiese beleid is fundamenteel tot die landbou se vooruitgang met goed soos rentekoerse, die wyse waarop die staat sy skuld bestuur en die groeikoers. Baie van die gebruikers van die BEO se data is juis landboumaatskappye. Die verbintenisse is dus daar. Die rede waarom ek destyds die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) destyds begin het, was omdat ek van die BEO geweet het en gesê het ons moet ’n soortgelyke buro vir landbou-ekonomiese ondersoeke kry. Ons het gaan kers opsteek in Amerika hoe om dit te doen en in 2005 het ons die eerste vooruitskouing bekend gestel. Vandag kom die Regering, die Tesourie en landboubesighede met hul vrae na BFAP omdat daar eerbied vir die buro is. Dieselfde geld die BEO. Van die grootste kwessies bly maar die doeltreffendheid van landboubeleid, -projekte en besteding. Die doeltreffendheid van staatsbesteding in die landbou bly dus ’n groot bekommernis. As die Department van Landbou ten minste net sy regulatoriese funksies doeltreffend en vaartbelyn kan kry, kan dit meer sekerheid in die landbou beteken. Jy weet reëls word nagekom, jy kry jou sertifikaat vinnig en jy is verseker van jou uitvoerpermit. Dit gaan nie net oor die besteding van geld nie. Maak ook die infrastruktuur reg en doen die klein dingetjies eers doeltreffend.
Daar is ’n gebrek aan goeie leierskap en baie geld word op nuttelose projekte vermors. Wat grondhervorming betref, gaan dit ook ná 20 jaar nog nêrens heen nie. Niemand kyk eers meer wat voorheen gedoen is en wat misluk het nie en elkeen kom met nuwe planne.
‘Dit is ’n haakplek om van ’n sektorale dimensie na die makro-ekonomie te gaan, waar ’n mens te doen het met goed soos nasionale rekeninge, monetêre beleid en ekonomiese vooruitskattings.’ ‘Van die grootste probleme in die landbou is die doeltreffendheid van landboubeleid, -projekte en besteding.’
is geen wetlike (of ekonomiese) gronde waarvolgens bepaal kan word wie ’n klein, middelslagof groot boer mag wees nie. Ek moet sê, ’n mens raak nogal moeg vir al daardie sinnelose debatte. Dalk is dit tyd en dalk die beste strategie vir ekonome en die georganiseerde landbou om net stil te bly en hierdie fase te laat verbygaan. Ja, ’n mens kan eintlik net twee termyne van vyf jaar as departementshoof dien. Ek was nou al in my vierde termyn. Ek het ook ’n klomp voorstelle gemaak oor hoe die Universiteit van Pretoria sy betrokkenheid met die landbou in Afrika kon uitbrei waaraan hulle nie wou byt nie en ’n gulde geleentheid verlore laat gaan het. Dit was dus ’n goeie tyd toe die geleentheid by BEO my pad gekruis het.