Landbouweekblad

VERTRAGING VAN DAM KAN LANDBOU RAAK

- JOYLENE VAN WYK

VERTRAGING­S aan die Lesotho-hooglandwa­terprojek weens beweerde politieke inmenging om ’n sekere maatskappy te bevoordeel, voorspel niks goeds vir die landbou nie.

Me. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, is besig met ’n ondersoek nadat bewerings aan die lig gekom het dat me. Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie, die waterproje­k “gekaap” het om te verseker dat die maatskappy LTE Consulting by die projek betrek word, berig die Sondagblad City Press. Volgens Mokonyane is die vertraging­s om te verseker dat maatskappy­e in swart besit by die projek betrokke raak.

Die waterproje­k van R26 miljard is vir die bou van die Polihalida­m in Lesotho en tonnels om die volgehoue toevoer van water uit Lesotho aan Gauteng en die gebiede wat deur die Vaalrivier bedien word, te verseker.

Luidens City Press is die aanvang van die projek met ’n jaar vertraag in ’n poging van Mokonyane om tyd te wen sodat LTE betrokke kan raak.

Bewerings word gemaak dat ervare amptenare van die Waterkommi­ssie, wat as struikelbl­okke beskou was, van die projek verwyder en mense met minder ervaring, wat politici in Suid-Afrika én Lesotho se ondersteun­ing het, aangestel is.

Die Vaalrivier­stelsel is een van die belangriks­te waterbronn­e in Suid-Afrika en verskaf water aan 60% van die land se ekonomiese bedrywe. Dit sluit 45% van die bevolking (die hele Gauteng, Kimberley en Upington), myne en nywerhede in Mpumalanga se Hoëveld, die meeste van Eskom se steenkoola­angedrewe kragsentra­les op die westelike Hoëveld van Mpumalanga en die goudvelde in die Vrystaat en Noordwes in. Dit verskaf ook water vir die landboubed­rywighede in Gauteng, Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap.

Mnr. Nic Opperman, direkteur van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê die bou van die Polihalida­m is inderwaarh­eid met vyf jaar vertraag.

Buitengewo­ne reënval in die Vaalrivier-opvanggebi­ed die afgelope 15 jaar en vloede by tye het genadiglik geen waterbeper­kings tot gevolg gehad nie.

Opperman sê indien die droogte sou voortduur, kan daar volgende seisoen waarskynli­k ’n waterbeper­king van 20% vir besproeiin­g te wagte wees.

Kennisgewi­ng vir waterbeper­kings via die amptelike kanale duur sowat 6 maande.

Volgens die prysstrate­gie vir onbehandel­de water het die landbou die laagste versekerba­arheid, wat beteken dat wanneer waterbeper­kings ingestel word, die landbou die bedryf is wat eerste geraak word. –

 ?? FOTO: DR. MICHAEL BRADFIELD ?? Dr. Hugh Nivison (links) het Suider-Afrika besoek nadat hy as besturende direkteur van die Agricultur­al Business Research Institute (ABRI/Breedplan) aan die Universite­it van New England in Australië aangestel is. Hier is hy tydens ’n besoek aan ’n...
FOTO: DR. MICHAEL BRADFIELD Dr. Hugh Nivison (links) het Suider-Afrika besoek nadat hy as besturende direkteur van die Agricultur­al Business Research Institute (ABRI/Breedplan) aan die Universite­it van New England in Australië aangestel is. Hier is hy tydens ’n besoek aan ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa