Landbouweekblad

KYK UIT VIR HAARWURMS

-

Geen boer kan dit bekostig om wurmbesmet­tings by sy vee te ignoreer nie. Dit kan tot ernstige ekonomiese verliese ly. Haarwurms het weer wyd voorgekom omdat groot dele van Suid-Afrika in Junie nog nie ryp gehad het nie. Boere moet ook uitkyk vir langnek-bankrotwur­ms.

Dít is volgens die Junieversl­ag van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), wat pas bekend gemaak is. Dr. Faffa Malan, bestuurder, sê groot getalle vee het reeds weens PEM-sindroom (proteïen-energie-tekort) gevrek. Talle van dié diere was swaar met lewerslakw­urms besmet omdat hulle naby stilstaand­e waterbronn­e wei.

Die tabel gee ’n opsomming van parasiete en siektes wat gedurende Junie deur lede van Ruvasa by Malan aangemeld is.

UITWENDIGE PARASIETE

Weens die hoër as normale temperatur­e gedurende Junie het baie dele toe nog nie ryp gehad nie en tesame met laat reëns in sommige dele het uitwendige parasiete op groot skaal voorgekom. Veeartse het siektes wat weens hierdie parasiete ontstaan, vanuit talle dele van Suid-Afrika aangemeld.

BOSLUIS- EN INSEKOORDR­AAGBARE SIEKTES

Afrikarooi­water en Asiatiese rooiwater is in ses provinsies aangemeld, anaplasmos­e in sewe provinsies, hartwater in ses provinsies en korridorsi­ekte in KwaZulu-Natal.

Siektes wat gewoonlik in die somer en herfs voorkom, is ook aan- gemeld, naamlik knopvelsie­kte, drie-dae-stywe-siekte en bloutong.

GESLAGSIEK­TES

Hierdie siektes wat beesboere enorme groot bedrae weens ’n verlaging in reproduksi­e kos, woed steeds voort. In een geval gedurende Junie het nege uit elf bulle wat op ’n veiling gekoop is, positief vir trigomonos­e getoets. “Dit is noodsaakli­k dat boere te alle tye goeie maatreëls vir bio- sekerheid handhaaf,” waarsku Malan.

BAKTERIESE SIEKTES

Veeartse het verskeie gevalle van sponssiekt­e aangemeld. In- dien boere hul vee ingeënt en ’n skraagdosi­s aan die kalwers ge- gee het, sou dit nie gebeur het nie, volgens Malan.

Hy waarsku veeboere ook teen lamsiekte, wat deur ’n dodelik toksien veroorsaak word “wat op enige plek, enige tyd kan voor- kom”. Boere moet seker maak hul vee is daarteen ingeënt. Dit kom in sommige dele in die land ook by kleinvee voor.

Johne se siekte is ook besig om te versprei. “Maak seker jy weet by wie jy skape koop. As dit op ’n veiling is, vra vir die afslaer se ver- klaring dat die vee ingeënt is,” raai Malan aan.

VIRUSSIEKT­ES

Snotsiekte kom algemeen voor. Boere moet seker maak wil- debeeste en beeste wei so ver moontlik van mekaar.

Talle gevalle van hondsdolhe­id, ’n soönosesie­kte wat van diere na mense oorgedra kan word, is by beeste gediagnose­er. Mense moet versigtig wees wanneer hulle vee hanteer wat vreemd optree.

Vuilbek, nóg ’n soönose, en vratte het in die meeste provinsies voorgekom.

Vir meer inligting oor die siektes en toestande besoek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa