Landbouweekblad

MOEILIKE JAAR VIR HEUNINGBY-BOERE

- – FREDALETTE UYS

SUID-AFRIKA se heuningpro­duksie het weens die droogte aansienlik gedaal weens ’n tekort aan kos vir bye.

Volgens mnr. Mike Miles, voorsitter van die plaaslike byebedryfs­organisasi­e (Sabio), het die vernietigi­ng van uitheemse bloekombom­e, wat deel is van die ‘Working for Water’-veldtog, veral die Wes-Kaapse heuningpro­duksie benadeel.

“Daar is geen vervangerb­ome in die plek van die nektardrae­nde bloekombom­e geplant nie. Daar is dus minder hulpbronne wat bye kan gebruik om heuning te maak.”

Hy sê dit is kommerwekk­end dat plaaslike boere slegs ’n derde van die land se heuning produseer. Hulle ding boonop mee met heuning van China wat “teen aansienlik laer pryse as plaaslike produsente se produk verkoop word”.

Volgens hom is daar ‘n al hoe groter vraag na die bestuiwing­sdienste van byeboere vir aanplantin­gs, soos appel-, sitrus- en avokadoboo­rde, wat toeneem. Vrugteboer­e maak op die byeboere se bestuiwing­sdienste staat vir die produksie van vrugte.

Miles moedig heuningboe­re aan om steeds vol te hou met hul higiëniese bestuurspr­aktyke om Amerikaans­e jongbysiek­te te bestry.

“Die siekte is in die afgelope seisoen deur die droogte ingeperk. Bye kon weer ná vorige uitbreking­s herstel, maar die siekte het ’n sikliese aard en kan weer toeslaan.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa