Landbouweekblad

BOERE DINK MOOI OOR VEE VIR MARK

- – JOHAN NORVAL

DIE aanbod van vee in die NoordKaap en in die bedienings­gebied van GWK is wisselvall­ig.

Mnr. Sarel Cilliers, bedryfshoo­f van GWK se veilingsaf­deling in die noorde, sê boere is tans baie kieskeurig voordat hulle hul diere op veilings verhandel. Hulle oorweeg eers al hul opsies om die beste prys te beding.

Volgens Cilliers is dit nog onduidelik watter uitwerking die jongste daling in die markprys van 14 Julie op die verkoop van vee op veilings gaan hê.

Tans ondervind GWK ’n daling in die aanbod van lewende hawe. “Die ooraanbod van diere wat weens die droogte uitgeskot is, het sedert November verlede jaar begin afneem,” sê Cilliers.

Volgens hom het die aanbod van skape vanaf Februarie vanjaar tot middel Julie gedaal. Na verwagting sal dié neiging tot einde Augustus voortduur wanneer die bemarking van die seisoen se stoorlamme­rs begin.

Wat die veilings van kleinvee betref, was die vraag na graad C-skaapvleis die afgelope maand hoog. Dit het gemiddeld R20/kg(lewend)behaal.

Die prys van Boerbokke was ook betreklik hoog omdat die vraag steeds hoog is.

In die geval van beesvleis was die neiging op veilings van die afgelope maand R15/kg tot R16/kg vir vet beeste en R19,50/kg vir speenkalwe­rs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa