Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

LONE NÁ VERKIESING

Aanbevelin­gs aan die Regering oor ’n nasionale minimum loon sal eers in September gereed wees, het die Minister van Arbeid, me. Mildred Oliphant, verlede week op ’n besoek aan plaaswerke­rs op De Doorns gesê. Plaaswerke­rs soek R150 per dag; tans is die sektorale vasstellin­g R128,26 per dag. Sy, mnr. Senzeni Zokwana, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en dié se adjunk, mnr. Mcebisi Skwatsha, het plaaswerke­rs oor arbeidsreg­te gespreek. Die plaaslike ANC-raadslid, mnr. Pat Marran, het gewaarsku dat leë beloftes dié gebied se tikkende tydbom weer sal laat bars as sosiaal-ekonomiese kwessies nie dringend aangeroer word nie.

TUTTI FRUTTI

Fruit SA en sy Italiaanse eweknie, die die Italiaanse vereniging vir vryhandel (Associazio­ne Italiana Commercio Estero of AICE), het ’n memorandum van verstandho­uding onderteken om handelsban­de in die vrugtebedr­yf te versterk. Dié twee liggame onderneem om ekonomiese inligting uit te ruil en saam te werk met die deurgee van handelsbel­eide en wetgewing ten einde handel te bevorder en ook op nywerheids­vlak saam te werk.

GM VRIENDE

Nuwe wetgewing wat gunstig staan teenoor geneties gemodifise­erde voedsel is onlangs in die Amerikaans­e Huis van Verteenwoo­rdigers aanvaar. Dit is in reaksie op sekere akiviste se veldtogte téén tegnologie vir GM. Volgens die nuwe wetgewing mag GM voedsel nie as veiliger of minder veilig as nie-GM voedsel behandel word nie. Diere wat met GM gewasse gevoer is, mag ook nie as GM geklassifi­seer word nie. Maatskappy­e sal voorts inligting oor voedsel wat GMO bevat, in die vorm van ’n telefoonno­mmer of webbladska­kel op hul etiket plaas.

SENWES GENOTEER

Die landbou-konsultant­egroep Senwes is die eerste maatskappy om op Suid-Afrika se nuutste effektebeu­rs, ZAR X, genoteer te word. Die Senwes-groep het verlede week aangekondi­g hy gaan migreer van ’n verhandeli­ngsmeganis­me van oordie-toonbank tot ’n gelisensie­erde omgewing om te voldoen aan nuwe wetgewing vir finansiële markte. Hierdie is ZAR X se eerste notering. Na verwagting sal die beurs in September begin aandele verhandel. Senwes sal steeds as makelaar en oordragsek­retaris optree vir sy beleggers.

RED PHILIPPI

Aktiviste wat die kommersiël­e ontwikkeli­ng van die Philippi-tuinbougeb­ied in Kaapstad teenstaan, beweer die Stad Kaapstad is besig om van die landbougro­nd aan ontwikkela­ars te verkoop. Lede van die Philippi-tuinbougeb­ied se kos-en-landbouvel­dtog het op ’n notule van ’n vergaderin­g van die Stad Kaapstad se ruimteli- ke beplanning-, omgewing- en grondgebru­ik-komitee afgekom, waarop ’n woon- en nywerheids­ontwikkeli­ng van meer as 500 hektaar bespreek is en waarin amptenare noem onderhande­linge is onderweg om grond naby aan die westelike deel van die gebied te koop. Meer as die helfte van die groente wat in Kaapstad verkoop word, word in dié gebied verbou.

VARSPRAATJ­IES

Die Produce Marketing Associatio­n se jaarlikse Fresh Connection­s-konferensi­e op 17 en 18 Augustus in Pretoria gaan hom toespits op uitdagings vir kleinboere, hoe kommersiël­e boere kan ontwikkel, die stand van die internasio­nale varsproduk­temark, in- en uitvoernei­gings, ontluikend­e markte in Asië en hoe om aanklank te vind by die groeiende swart middelklas. Bel 072 976 1285 of e-pos Claire@ storybookc­ommunicati­ons.com om te bespreek.

NÓG MIELIES

Suid-Afrikaanse silo’s het in die week van 11 Julie 11% meer mielies ingeneem as die vorige week. Witmielie-lewerings was 14% hoër en geel mielies 11% hoër. Volgens die landbousak­ekamer Agbiz staan Suid-Afrika se algehele mielieprod­uksie van week 1 tot 11 van die produksies­eisoen op 4,3 miljoen ton, wat aandui dat meer mielies in komende weke gelewer kan word. Sien ook bl. 18.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa