VERLIESE WEENS SKA ASTRONOMIES
Mediaberigte in sommige koerante blyk baie eensydig en ten gunste van die Departement van Wetenskap en Tegnologie te wees. Daar is nog ’n kant van die storie wat baie rampspoediger is vir die gemeenskappe in die gebied. Toe die SKA beplan is, het die Minister van Wetenskap en Tegnologie werk aan die plaaslike gemeenskappe belowe en ook dat die Carnarvonlughawe se aanloopbaan geteer sal word. Natuurlik het die gemeenskap van die idee gehou. Daar is nooit genoem dat plase onteien gaan word nie.
Wat egter nou gaan gebeur, gaan verreikende gevolge hê. Die plaaslike gemeenskap is afhanklik van die boere, en omgekeerd. Gaan besoek gerus die webwerf
en kyk hoe die hele projek ’n nadelige uitwerking op die gebied kan hê.
Die departement het ook ’n wet goedgekeur gekry dat geen lugvaarttuig onder 18 500 meter bo die hoogste punt oor hierdie gebied mag vlieg nie. Dit is eenvoudig nie moontlik nie, aangesien dit gaan beteken dat passasiers en lugvragvliegtuie bo 60 000 voet bo seespieël moet vlieg. Dit is ook teenstrydig met die Chicagokonvensie oor burgerlugvaart. Die wet is goedgekeur sonder die kennis en toestemming van of beplanning deur die lugdienste of selfs die Burgerlugvaartowerheid. Dit beteken alle lugdienste op die KaapstadJohannesburgroete moet met ’n ompad vlieg, met gepaardgaande hoër koste.
Voorts mag niemand geëlektrifiseerde heinings in die gebied oprig nie, aangesien dit die SKA kan beïnvloed. Wat van plaasveiligheid?
Boere gebruik selfoontegnologie om tred te hou met hul skape of om hulle teen roofdiere te waarsku. Hierdie tegnologie word ook gebruik om watervlakke van reservoirs dop te hou. Dit is nog iets wat verlore gaan raak.
Dit is hartseer dat die Karoo se infrastruktuur verlore raak en ’n algehele gebied van ongeveer 280 000 hektaar uiteindelik deur die SKA gebruik gaan word. Dit is ’n boerderyverlies van ongeveer 56 000 skape of R42 miljoen per jaar. Die plaaslike slaghuise en slagplase sal moet sluit en die prys van skaapvleis gaan skerp styg. Daarby gaan die werknemers van dié plase, die slaghuise en die slagplase, sowel as hul gesinne, sonder werk sit. Die algehele verlies gaan meer as R50 miljoen wees. As ’n mens die verlies aan plase weens die Al kantpanskietbaan (98 000 hektaar) in ag neem, sowel as die verlies aan plase wat verkoop is om wind en sonkrag op te wek, kan die verliese maklik dubbeld soveel wees. ERIC TORR Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die komplimente van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,
Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.
Vandeesweek se wenbrief is deur Eric Torr geskryf. OESINSPEKTEUR . . . (inlas). Landbouweekblad en op die platteland.
Dit is vir my verbasend dat die staat mense nie meer aanmoedig om basiese voedselsoorte, veral stapelvoedsel, op klein skaal te verbou of subsidies toestaan vir eenvoudige goed, soos watertenke by huise, nie.
Ek is nie ’n boer nie, maar elke dag as ek die bietjie reën sien val in die WesKaap en sien hoe die meeste daarvan wegloop see toe, dan is dit vir my duidelik dat SuidAfrika nie juis so ’n groot waterprobleem het nie, maar eerder ’n wateropgaarprobleem.
Dit hoef nie groot, multimiljardrandse korrupsietrekpleisters van damme te wees nie. Rig ’n watertenk wat 3 000 liter water kan hou, by ’n paar duisend huise op, en die waterprobleem word skielik heelwat kleiner. En dit vat nie baie om so ’n ou tenkie vol te maak nie.
Dan verstout ek myself en vra: Is die hele “probleem” van kos en water nie net nog ’n manier van die staat (hier en elders) om die bevolking te beheer en aan te hits met ’n verborge agenda nie? Met water wat “skaars” is, kan munisipaliteite mos die pry