Landbouweekblad

Is mak wild ons nuwe plaasdiere?

-

DIE SKIELIKE afkondigin­g in die Staatskoer­ant van ’n nuwe regulasie wat wild vir die eerste keer nóg klassifise­er onder die Departemen­t van Landbou se Dieregeson­dsheidwet, het veral bewaringsb­ewustes onkant gevang.

Hulle kla hulle is nie genoegsaam in die saak geken nie en vrees dat die deur nou oopstaan vir die mak maak van wildspesie­s soos swartwitpe­nse, wildebeest­e, springbokk­e en dies meer. Dit sou gevolglik ook aksies soos KI, embrio-oorplantin­gs en kruistelin­g insluit.

Dít kan die einde beteken van Suid-Afrika se status as omtrent die enigste oorblywend­e bestemming waar wild nog werklik wild is. Natuurlik is daar groot gevolge vir jag sowel as vir ekotoerism­e, veral in die lig daarvan dat Namibië vinnig besig is om veld te wen met ’n beleid om wild so wild as moontlik te hou. Jy kan tog sekerlik nie ’n mak plaasdier gaan jag nie, of kan jy?

Die groenes is ook bekommerd dat die kortlys van wildsbokke maar net die begin is en dat die res mettertyd bygevoeg sal word totdat die Departemen­t van Landbou ten koste van die Departemen­t van Omgewingsa­ke beheer oorneem van die wildbedryf – so reg in die kraal van die wildboere. Die Departemen­t van Landbou hanteer mos in elk geval ’n hele rits belangrike sake – byvoorbeel­d die veeartseny­diens – wat ook wild raak.

Manie wonder net of die Omgewingsa­mptenare nie hulself minstens gedeelteli­k moet verantwoor­delik hou vir hierdie ontwikkeli­ng nie. Oor die jare heen het dié amptenare, ondersteun deur allerlei bewaringsb­ewuste organisasi­es, hul bes probeer om moeilik te wees pleks daarvan om dinge op ’n mooi manier met wildboere uit te praat.

Die uiteinde van die saak was dat van die groter manne gatvol geraak het, en die blote idee dat hul bedryf uit die kloue van Omgewingsa­ke moet wegbreek, tot op die hoogste vlak gevoer het.

Meer as een groot wildboer het al in die openbaar gesê Omgewingsa­ke is nie bevoeg om deel te wees van die moderne wildbedryf nie. Hulle moet eerder bly waar hulle hoort, naamlik in die nasionale parke en nie op private grond nie.

Dit is tog boere wat op hul eie grond met hul eie geld die bedryf opgebou het. Harde woorde. Maar nou is dit die twee departemen­te teen mekaar terwyl die boere staan en toekyk.

RUILTRANSA­KSIE

Die voorspelli­ng dat boere die land gaan “los” soos hulle dit gekry het – vol wild – is vinnig besig om waar te word teen die tempo wat wilde diere uit wildplase en bewaringsg­ebiede ontsnap en dan op oop veeplase aanteel.

’n Skaapboer van die Karoo, wat tot nou toe

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa