Landbouweekblad

WITMIELIET­EKORT DALK TEEN EINDE VAN DIE JAAR

- – JOYLENE VAN WYK en NICO VAN BURICK

HOEWEL daar nou, ná strooptyd, genoeg wit mielies in Suid-Afrika beskikbaar is, kan tekorte later in die jaar ernstig raak, waarsku Global Risk Management (GRM), ’n Amerikaans­e konsultant­ediens vir die graanbedry­f.

Die GRM glo Suid-Afrika sal hoogs afhanklik wees van wit mielies wat van September af in Noord-Amerika geoes word, maar waarsku dat goedkeurin­g vir sekere geneties gemodifise­erde (GM) mielies invoer kan verhoed. Sekere stapelgeen­kombinasie­s in die VSA is nie in SuidAfrika goedgekeur nie.

“Om die goedkeurin­gsproses aan te help, het ’n span van die Amerikaans­e graanraad SuidAfrika­anse regeringsa­mptenare in Mei ontmoet, maar daar is nog geen veranderin­g in die wetlike posisie nie.”

Sowat 72% van die Amerikaans­e witmielie-oes vir hierdie seisoen sal GM kultivars wees.

Weens die gunstige internasio­nale prys is ’n 24% groter oppervlakt­e in Amerika beplant en tot dusver was die weer ook goed. Omdat min voorraad van wit mielies tans in die wêreld beskikbaar is, verwag die GRM dat pryse vir eers hoog sal bly.

Die verwagte witmielie-oes in die VSA sal meer as 4 miljoen ton wees, teenoor verlede seisoen se 3,2 miljoen ton en Mexiko se 24,2 miljoen ton teenoor die vorige seisoen se 24 miljoen ton (hoofsaakli­k wit).

ONSEKER

Weens die droogte moet Suid-Afrika na raming vir die 2016-’17-bemarkings­tydperk 3,8 miljoen ton mielies (1,1 miljoen ton wit en 2,7 miljoen ton geel) invoer.

“Ons vertrou dat ons die 2,7 miljoen ton geel mielies van die wêreldmark sal kry, maar dit is onseker waar die 1,1 miljoen ton wit mielies vandaan sal kom,” sê mnr. Wandile Sihlobo, hoof van landbou-ekonomie by Agbiz. Hy sê die feit dat die meeste Afrika-lande na Amerika en Mexiko kyk vir hul aanvulling van wit mielies kan meer druk op die globale mark plaas.

Van die 3,8 miljoen ton wat benodig word, is bykans 400 000 ton reeds sedert 1 Mei 2015 tot 22 Julie 2016 ingevoer. Daarvan is 124 559 ton wit mielies en 275 042 ton geel mielies.

Altesame 83% van die ingevoerde wit mielies het van Mexiko en 17% het van Amerika gekom. Al die mielies was nie-GM. Die geel mielies was van Argentinië afkomstig.

‘. . . dit is onseker waar die 1,1 miljoen ton wit mielies vandaan sal kom . . .’

VERTROUE

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, meen dat mense nie bekommerd hoef te wees dat die land voedseltek­orte sal ervaar nie. Die bedryf kyk dat daar genoeg beskikbaar is en sy departemen­t se taak is om toe te sien dat die infrastruk­tuur en bergingsge­riewe vir die mielies gereël word.

Hy glo ook daar hoef nie kommer te wees oor die invoer van GM mielies uit Amerika nie. Hy sê invoermaat­skappye en sy departemen­t is besig om seker te maak dat daar geen teenstrydi­ghede in die beleid is rakende die invoer van sekere GM mieliesoor­te uit Amerika wat nog nie in die land goedgekeur is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa