Landbouweekblad

PRIVATE SEKTOR SKUD SAK OM VLEISUITVO­ER TE BEVORDER

- — CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKA het nie naastenby genoeg vermoëns om aan ander lande se dieregeson­dheidsvere­istes vir die in- en uitvoer van vleis te voldoen nie.

Daarom betaal die Assosiasie van Vleisinvoe­rders en -uitvoerder­s (Amie) van begin Julie af die salaris van ’n private veearts om met dié taak in die Durbanse hawe te help.

Mnr. Anton van Rensburg, uitvoerend­e hoof van Assign Trading en bestuursli­d van Amie, sê die hoeveelhei­d rooivleis wat inen uitgevoer word, het geweldig toegeneem. Die ingevoerde vleis is dié wat ingevoer word om na die res van Afrika te gaan.

Van Rensburg sê onverwerkt­e sowel as verwerkte vleisprodu­kte word in- en uitgevoer.

Die betaling van die veearts se salaris is vir Amie bloot ’n tydelike oplossing en die organisasi­e gaan dit kwartaalli­ks hersien.

Van Rensburg sê in die eerste maand was daar baie aanvangspr­obleme, maar sake verloop elke dag beter.

GROOT GELEENTHED­E VIR UITVOER

“’n Langtermyn­oplossing is egter nodig vir die verwagte groei in in- en uitvoer.

“Daar is geweldig groot potensiaal vir Suid-Afrika om vark- en beesvleis uit te voer.

“Die geleenthed­e om veral beesvleis uit te voer, is só groot dat dit vleispryse in Suid-Afrika na uitvoerpar­iteit kan laat styg.”

Van Rensburg sê die Departemen­t van Handel en Nywerheid doen baie moeite om nuwe uitvoermar­kte te ontgin.

So was daar onlangs ’n Russiese afvaardigi­ng in Suid-Afrika, maar Suid-Afrika se dierege- sondheidst­elsel het hulle glad nie tevrede gestel nie.

“Ons stel eenvoudig nie genoeg staatsveea­rtse aan nie,” sê hy. Van Rensburg sê lande wat goeie uitvoerbes­temmings vir Suid-Afrikaanse rooivleis is, is gewoonlik ook lande wat na die land van herkoms se hele dieregeson­dheidstels­el kyk, nie net na spesifieke slagplase nie.

‘Daar is geweldig groot potensiaal vir SuidAfrika om vark- en beesvleis uit te voer.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa