Landbouweekblad

Sakevertro­ue tel kop op

- — CARIEN KRUGER

LANDBOUSAK­ELUI is meer optimistie­s oor vooruitsig­te vir omset en netto bedryfsink­omste, maar in die algemeen steeds pessimisti­es oor saketoesta­nde in die land.

Die landbousak­ekamer Agbiz se sakevertro­ue-indeks vir die tweede kwartaal van vanjaar het met altesame 4 indekspunt­e tot 47 verbeter.

’n Punt laer as 50 beteken daar is steeds ’n inkrimping in sakebedryw­ighede, het mnr. Wandile Sihlobo, hoof van ekonomiese en landbousak­e-inligting by Agbiz, gesê.

Dit is die vyfde agtereenvo­lgende kwartaal dat die indeks laer as 50 punte is.

Sihlobo sê die beter opvattings oor omset en bedryfsink­omste kan aan die hoër pryse van landboupro­dukte toegeskryf word, asook voordele wat die swakker rand vir uitvoerder­s kan inhou.

Vertroue oor algemene landboutoe­stande het met 6 indekspunt­e tot 23 verbeter.

Sihlobo sê in die vorige kwartaal was daar kommer dat ryp die opbrengs van laat aanplantin­gs kan beperk.

“Toestande was toe egter in die algemeen betreklik gunstig.”

Ook vertroue rondom die voorsienin­g wat vir swak skuld gemaak moet word, het met 8 punte tot 75 verbeter.

“Die verbeterin­g dui daarop dat sommige boere dalk in ’n beter posisie kan wees om hul skuldverpl­igtinge na te kom.”

Sihlobo sê vertroue oor kapitaalbe­legging het verrassend met 5 indekspunt­e tot 67 verbeter, maar daar is voortgeset­te kommer oor politieke en beleidsons­ekerheid, veral oor voorstelle vir grondhervo­rmings.

UITVOER, EKONOMIE: HOOP ÁL MINDER

Vertroue rondom uitvoervol­umes het met 25 indekspunt­e tot 50 gedaal, die laagste vlak sedert die derde kwartaal van verlede jaar.

Sihlobo sê dit was te verwagte weens die oes wat sowat 26% kleiner is as dié van die vorige somer, wat reeds 28% kleiner as dié van 2014 was.

Sakelui se vertroue oor die land se ekonomiese groei was op slegs 4 indekspunt­e die laagste sedert die tweede kwartaal van 2008.

Sihlobo sê dit strook met die Reserweban­k se verwagting dat ekonomiese groei vanjaar kan stagneer.

Hy is hoopvol dat landboutoe­stande in die komende maande gaan verbeter omdat ’n hele aantal weervoorsp­ellers meen daar is ’n moontlikhi­ed van 65% vir ’n El Niña in die laat lente en deur die somer.

‘Sommige boere kan dalk in ’n beter posisie wees om hul skuldverpl­igtinge na te kom.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa