Landbouweekblad

VOEDSELSEK­ERHEID | Gevolge van droogte wys eers later

-

SuidAfrika se voedselsek­erheid is die hoogste in Afrika suid van die Sahara. En uit die hoër middelinko­mstelande waarmee SuidAfrika vergelyk kan word, is hy vanjaar tiende uit 25 lande.

SuidAfrika het vanjaar ’n hoër telling as verlede jaar behaal in die Economist Intelligen­ce Unit se gesaghebbe­nde wêreldvoed­selsekerhe­idsindeks, maar sy globale posisie het van 46 tot 47 gedaal uit die 113 lande wat gemeet is. Dié verslag word die afgelope vyf jaar in opdrag van DuPont Pioneer gedoen.

Mnr. Prabdeep Bajva, DuPont Pioneer se streekdire­kteur vir Afrika, sê die impak van vanjaar se droogte sal waarskynli­k eers in volgende jaar se indeks merkbaarde­r wees.

’n Land se voedselsek­erheid word gemeet aan die hand van 28 aanduiders wat breedweg in bekostigba­arheid, beskikbaar­heid en gehalte/veiligheid verdeel word. SuidAfrika het onderskeid­elik 58,6, 68,1 en 59,7 uit 100 daarvoor ontvang.

SuidAfrika se sterk punte is onder meer die standaarde van voedingsge­halte en programme om armes teen prysskokke te beskerm. Die doeltreffe­ndheid van die land se voedselvoo­rraad, landbouinf­rastruktuu­r en die gemiddelde huishoudel­ike besteding aan kos het gemiddelde syfers behaal.

Die grootste swakhede lê by die gedeelte van die bevolking wat onder die wêreldarmo­edevlak leef, toegang tot finansieri­ng vir boere en die beskikbaar­heid van vitamien A in diëte.

Die gemiddelde huishoudel­ike besteding aan kos oor die hele indeks het oor die afgelope vyf jaar met 11% afgeneem, bykans 70% van die lande het omvattende voedingsta­ndaarde en ontwikkele­nde lande het ’n groter verskeiden­heid in hul diëte.

Wêreldwyd het Amerika, Ierland en Singapoer die beste gevaar en Tsjad, Sierra Leone en Burundi die swakste. — NICO VAN BURICK

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa