Landbouweekblad

MIN DATA POOTJIE VERHANDELI­NG IN SPEENKALWE­RS

- — FREDALETTE UYS

TERMYNKONT­RAKTE vir speenkalwe­rs sukkel om op dreef te kom op die JSE se mark vir afgeleide instrument­e weens die ingewikkel­de samestelli­ng van speenkalfp­ryse.

Daar word beoog dat ’n verkoper 1 000 kg of vier speenkalwe­rs per kontrak sal kan verkoop. Die grootte maak dit moontlik vir kleiner verkopers om ook die kommoditei­tsmark te gebruik.

Die kontrakte word aan die einde van die termyn met kontant vereffen.

Dr. Raphael Karuaihe, kommoditei­tsbestuurd­er by die JSE, sê geloofwaar­dige inligting oor heersende pryse is nodig om die pryse van die kontrakte vooraf vas te stel. “Ons benodig verskeie bydraers van prysinligt­ing, hetsy voerkrale of lewendehaw­e-agente wat by die JSE moet inteken om hierdie verifieerb­are data te verskaf.”

Hy sê hulle moet nog met die bedryf ooreenkom oor of die voerkraalk­oopprys, die veilingspr­ys of ’n kombinasie van albei gebruik moet word. Dan sal hulle dié inligting gebruik om vas te stel watter beesras en gewig die gestandaar­diseerde termynkont­rak sal bepaal.

VERANDERLI­KES

Volgens mnr. Dave Ford, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Voerkraalv­ereniging, is dit makliker gesê as gedaan om die pryse van speenkalwe­rs te bepaal. “Dit is baie makliker om ’n beeskarkas te beskryf, met slegs die klas en gewig wat ’n rol speel by prysbepali­ng in die slagplaas.”

Daarteenoo­r is daar heelwat meer veranderli­kes wat in ag geneem word wanneer ’n speenkalfp­rys bereken word. Vir ’n speenkalf kan onder meer die veilingspr­ys, die verkooppry­s op die plaas of ’n gelande prys by ’n voerkraal gebruik word. Daarby moet ander veranderli­kes, soos die gewigsklas, ouderdom, voerkraalt­ipe, beesras en die persentasi­e verse in die transaksie, in ag geneem word. Dit maak dit veel moeiliker om ’n basisprys te bereken.

Karuaihe sê hierdie tipe vleiskontr­akte bied ’n buffer teen prysskomme­linge op die mark en is tot voordeel van almal in die lewendehaw­e- of beesvleisb­edryf.

Ford stem saam dat ’n speenkalf-termynkont­rak stabilitei­t kan bring, maar rolspelers in die bedryf is nog verdeeld oor of hulle belang stel om deel te neem.

“Ek stel voor die JSE kry eers drie groot voerkrale om in die stelsel in te koop en hul speenkalf-aankooppry­sdata en kalfbeskry­wings te gebruik. Van daar af kan voortgebou word wanneer daar meer selfvertro­ue in die bedryf is.”

BEESKONTRA­KTE

Danksy goeie samewerkin­g van die Rooivleis-abattoirve­reniging kon die JSE reeds sedert Januarie ’n beeskarkas-termynkont­rak aan kopers en verkopers bied. Die JSE het reeds termynkont­rakte vir Maart en Junie vereffen.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa