Landbouweekblad

SUIKERRIET VERRAS

- JOHAN VAN DER MERWE

DIE huidige suikerriet-oes kan dalk die voorseisoe­n-oesskattin­g oorskry.

UCL-boere oorskry tans die voor-seisoen se oesskattin­g met 5% tot 10%, volgens mnr. Bruno Eggers, landboukun­dige raadgewer by UCL-suikermeul­e naby Dalton in KwaZulu-Natal se Middelland.

“Ek meen ons was effens konserwati­ef en selfs bang toe ons die skatting gemaak het. Die suikerriet het ná die laat somerreën vroeër vanjaar egter beter herstel as wat ons verwag het. Hoewel ons dus aangenaam verras is, oes ons steeds minstens 20% minder suikerriet as in ’n gewone jaar,” verduideli­k Eggers.

Canegrower­s, die Suid-Afrikaanse Suikerriet­kwekersver­eniging, se oesskattin­g vir die 2016-’17-oestyd was 14,57 miljoen ton, maar mnr. Richard Nicholson, die vereniging se ekonomiese-navorsings­bestuurder, sê droëland-suikerriet het ná die droogte beter herstel as wat verwag is.

Dit is goeie nuus vir die bedryf wat gewoond is om nagenoeg 20 miljoen ton in normale jare te oes.

Die afname is grootliks toe te skryf aan die droogte wat sommige dele van die suikerriet-produseren­de gebiede al drie jare teister.

“Tans is reeds 5,8 miljoen ton suikerriet geoes, wat 39,9% van die geskatte sowat 14,57 miljoen ton vir dié oestyd is. In sommige gebiede, veral die droëlandge­biede, word hierdie skatting as ’n groeiende skatting gesien,” sê Nicholson.

Daar lê egter nog heelwat uitdagings voor tot aan die einde van die oestyd. Die onlangse reën beteken dat die oes in sommige gebiede tydelik gestaak moes word om die landerye kans te gee om voldoende af te droog voor die oesproses hervat kon word. “Die boere hoop dat die reën hulle nie te ver terughou nie en dat hulle steeds hul geoormerkt­e oes vir dié seisoen geoes kan kry,” sê Nicholson.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa