Landbouweekblad

Kanola gaan van krag tot krag

- — FREDALETTE UYS

DIE kanolabedr­yf was die afgelope vier jaar die land se topprestee­rder wat produksie betref.

“Die kanolabedr­yf is ’n ware suksesstor­ie vir Suid-Afrika en iets waarop die bedryf trots kan wees,” sê prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedselen Landbou-beleid (BFAP).

Volgens die BFAP het die produksie in die bedryf sedert 2011 op ’n jaargronds­lag met gemiddeld 6% gestyg. Meyer sê kanola is besig om aansienlik veld in die wintergraa­nproduksie­gebiede te wen danksy die bydrae van meer volhoubare wisselbous­telsels, waar die gewas met onder meer koring, gars en kuilvoerge­wasse geroteer word.

“Dié wisselbous­telsels is doeltreffe­nd vir die opbrengste van die ander gewasse en is die hoof-aansporing vir kanolaprod­uksie in veral die Suid-Kaap,” sê Meyer.

HOËR INKOMSTE

Meyer sê volgens data uit die Overberg-produksies­treek het die kanolaboer­e tussen 2010 en verlede jaar gemiddeld net meer as R2 500 per hektaar gekry, teenoor ongeveer R4 300 vir koring en R4 500 vir gars.

“Indien boere egter hul opbrengs met beter produksiem­etodes en beter kultivars van gemiddeld 1,4 t/ha tot ongeveer 1,76 t/ha kan verhoog, sal die inkomste wat hulle behaal, soos geprojekte­er vir vanjaar tot 2018, met dié van koring en gars kan meeding,” sê hy.

BFAP projekteer dié hoër opbrengs sal ’n inkomste van tot R3 700 per hektaar kan behaal. Daarteenoo­r sal koring en gars onderskeid­elik R3 300 en R3 700 per hektaar verdien, gegewe die gemiddelde opbrengste en prysneigin­gs die afgelope 10 jaar.

“Daar moet in ag geneem word dat boere in die Suid-Kaap die afgelope vyf jaar rekordoest­e vir hul grane van die lande afgehaal het, wat nie noodwendig vir die gars- en koringoest­e in die toekoms volhoubaar is nie.”

AANPLANTIN­GS

In 2014 is ongeveer 95 000 hektaar kanola aangeplant, en die BFAP voorspel dat daar teen 2024 meer as 270 000 hektaar in die winterreën­streke aangeplant sal word. Wisselbou sal volgens die voorspelli­ng die groei van aanplantin­gs in die Suid-Kaap demp, en toekomstig­e groei sal hoofsaakli­k in die Swartland plaasvind.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa