Landbouweekblad

PRODUKSIE ‘MOET VINNIGER GROEI’

- — FREDALETTE UYS

SUID-AFRIKA se algehele groei in landboupro­duksie verbloem kommerwekk­ende produksied­alings in ’n paar sleutelbed­rywe.

Volgens prof. Ferdi Meyer, die direkteur van die Buro vir Voedselen Landboubel­eid (BFAP), het produksie in van die land se hoof-landboubed­rywe die afgelope vier jaar nie genoegsaam gegroei nie.

Die algehele gemiddelde produksieg­roei was die afgelope vier jaar 7,6%.

“Daar is ruimte vir verdere groei en alle rolspelers moet aandag daaraan skenk om die fynere besonderhe­de wat moontlik dié groei kan kortwiek, uit te stryk. Hulle kan, byvoorbeel­d, die Regering aanmoedig om maatreëls te verbeter om die potensiaal wat sommige bedrywe inhou, verder te kan ontgin,” het hy gesê.

Boonop het die meeste groei volgens Meyer in kleiner bedrywe plaasgevin­d.

Kanola, sagtevrugt­e en sojabone het van 2011 tot verlede jaar met tussen 5,5% en 6% gegroei, maar van 2013 tot verlede jaar het dié bedrywe minder as 1% van Suid-Afrika se totale produksiew­aarde uitgemaak.

SWAKRAND

Die verswakkin­g van die rand het ook bygedra tot die stadige of negatiewe groei in bedrywe wat van invoer afhanklik is. Só het die voerkoste die afgelope paar jaar gestyg, aangehelp deur die droogte, wat op sy beurt ’n nadelige uitwerking op die produksie van lewende hawe gehad het.

Volgens Meyer het die hoenderbed­ryf, wat 16% tot die landboupro­duksiewaar­de in Suid-Afrika bydra, van 2011 tot verlede jaar omtrent stilgestaa­n. Die hoenderbed­ryf kon volgens inligting uit die BFAP se basislynve­rslag vir landbougro­ei van verlede jaar sedert 2011 nie bybly by die vraag na hoender nie, wat tot ’n toename in die invoer van goedkoper hoendervle­is gelei het. Dít het verdere druk op die bedryf geplaas.

VERLOORDER­S

Bees- en skaapprodu­ksie het elk met net meer as 2% op ’n jaargronds­lag toegeneem. Dít bied ook ruimte vir verdere groei, maar volgens Meyer sal dit minstens drie jaar duur vir boere om hul kuddes ná die droogte op te bou en weer op mededingen­de vlakke te wees.

Melkproduk­sie is ook aan dieselfde probleme as dié van vleisboere, sowel as die swak melkpryse wêreldwyd onderhewig. Melkproduk­sie het met slegs ongeveer 1,5% gestyg.

Geel mielies was een van die min gewasse wat groei ervaar het – produksie het met ongeveer 2,6% toegeneem.

Die koringbedr­yf is tans die grootste verloorder en het sedert 2011 jaarliks met meer as 9% afgeneem.

Wit mielies is ’n kortkop agter en het jaarliks met ongeveer 5% in produksie afgeneem. Dié bedryf beslaan ongeveer 7% van die totale produksiew­aarde vir die landbou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa