Landbouweekblad

TEGNOLOGIE HAAL DIE RAAIWERK UIT KUNSMISTOE­DIENING

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

PRESISIEBO­ERDERY is aansienlik makliker danksy die vinnige toename in die aantal hommeltuie en sagteware wat lugfoto’s kan vertolk.

Tog waarsku mnr. Cobus Burger, besturende direkteur van die landboukun­dige dienste-ondernemin­g SGS Nvirocrop, dat sulke tegnologie met omsigtighe­id gebruik moet word.

Burger het verlede week gepraat op die kongres van die Kunsmisver­eniging van SuidAfrika (Fertasa) in Pretoria oor hoe die gebruik van NDVI- word die opbrengs verhoog, wat op sy beurt meer geld in die boer se sak plaas,” het Burger gesê.

Hy het gesê nuwe tegnologie moet as ’n hulpmiddel gesien word, maar daar moet ook omsigtig daarmee omgegaan word. “Tegnologie in die landbou kan nie die natuur verander nie, maar die natuur kan wel die doeltreffe­ndheid van jou tegnologie beïnvloed.

“Dit is daarom uiters belangrik dat nuwe tegnologie saam met die natuur werk en nie daarteen nie,” het Burger gesê.

Die resolusie van die beeld maak die grootste verskil in die raad wat die landboukun­dige uiteindeli­k aan die boer sal gee. “Met satellietb­eelde kan ons nou ’n 5 m x 5 m-beeld verskaf, terwyl ’n hommeltuig beelde in die omgewing van 50 cm x 50 cm neem. Dit beteken dat satellietb­eelde nie soveel besonderhe­de sal wys as wat ’n hommeltuig kan verskaf nie, wat ’n beperking op die landboukun­dige se raad kan plaas,” het Burger gesê.

Volgens hom is die gebruik van NDVI-tegnologie betreklik nuut in Suid-Afrika, maar hy verwag dat al hoe meer boere die nut en waarde van die tegnologie sal begin insien en daarvan gebruik maak.

Fertasa het op dié kongres ook sy bygewerkte Bemestings­handleidin­g bekend gestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa