Landbouweekblad

Boere appelleer teen gronduitsp­raak

- — CARIEN KRUGER

DIE MPUMALANGA-BOERE aan wie die staat kragtens ’n onlangse hofuitspra­ak van die Grondeiseh­of minder as markwaarde moet betaal vir grond op hul plaas wat aan ’n huurarbeid­er toegeken is, het om verlof tot appèl aansoek gedoen.

Mnre. Johan en Dirk Uys van die Middelburg-omgewing voer in hul aansoek aan die hof het gefouteer deur te beslis dat R1,5 miljoen regverdige en billike vergoeding is vir die 45 ha grond. Hulle betwis onder meer die regter se bevinding dat die grond net landboupot­ensiaal gehad het, asook die feit dat waarnemend­e regter Tembeka Ngcukaitob­i R300 000 afgetrek het nadat hy besluit het die markwaarde is R1,8 miljoen.

WAARDE EN REGTE

Hulle voer aan die hof moes bevind het die markwaarde van die grond is R4,6 miljoen en dít as beginpunt gebruik het om die vergoeding­sbedrag te bepaal.

WÊRELDBOER

Hulle voer ook aan die regter het gefouteer deur in die bepaling van markwaarde te bevind die toekenning van die grond aan die huurarbeid­er was ’n hindernis vir hul beplande residensië­le ontwikkeli­ng op die grond.

“Die hof het nie die point gourde-beginsel in ag geneem wat vereis dat omstandigh­ede wat tot onteiening of verlies lei, buite rekening gelaat moet word vir die bepaling van markwaarde nie,” lui hul aansoek.

Hulle betwis die bevinding dat hulle nooit die gebruik van die betrokke grond gehad het nie omdat daar reeds ’n grondeis daarop was toe hulle dit gekoop het. Hulle voer ook aan die hof het nie hul eiendomsre­gte kragtens die Grondwet beskerm nie, en ook nie die waarborg tot regverdige en billike vergoeding nie.

“Die blote bestaan van ’n grondeis doen nie afbreuk aan die regte nie totdat ’n toekenning van grond gemaak is,” sê hulle in hofstukke.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa