Landbouweekblad

WISSELKOER­S-SKOMMELING KWEL VRUGTEBEDR­YF

- — LUCILLE BOTHA

HOEWEL Brittanje se besluit om die Europese Unie te verlaat nie onmiddelli­ke kwellinge vir TruCape, die grootste appel-en-peerbemark­er in Suid-Afrika, veroorsaak nie, is die verswakkin­g van die Britse pond slegte nuus.

Só sê die maatskappy se besturende direkteur, mnr. Roelf Pienaar. Al Tru-Cape se produsente in die Ceres- en Grabouw-omgewing het klaar geoes, en die sektor het op die oomblik geldeenhei­dstabilite­it broodnodig.

“Dit wat ons gewen het as gevolg van die swakker rand in die eerste deel van die seisoen was van korte duur. Ons produksiek­oste is in dollars en ons het wisselkoer­sstabilite­it nodig, teen watter vlak ook al.”

Die groep verwag dat die verkiesing verdere wisselvall­igheid in die geldeenhei­d sal bring.

Kleiner vrugte en probleme met gehalte – hoofsaakli­k weens die hoë somertempe­rature – het boere opdraand gegee.

“Ons kon ’n huis en bevredigen­de waardes vir die kleiner vrugte kry,” sê Pienaar, wat aanvanklik besorg was.

“Ons moes heelwat van die opbrengs BO: INLAS: na die Verenigde Koninkryk en die plaaslike mark skuif.”

VELDTOGTE BYT

Boonop het Britse supermarkt­e se veldtogte wat verbruiker­s aanmoedig om eerder Engelse produkte te koop die plaaslike appelen peermark effens geknou.

“Die veldtogte gebeur nog al die jare, maar die kleinhande­laars was vanjaar meer gerat daarvoor. Hulle wou ’n trots Britse gevoel oordra en sommige van die kleinhande­laars het Britse vlaggies op hul verpakking­s aangebring.”

Pienaar sê ondanks die feit dat die Britse appel- en peervoorra­ad vanjaar sowat 10% meer is, hoop hulle om die invloed van die Britse veldtogte teë te werk deur ’n bietjie langer op die mark vrugte te bemark. Geleenthed­e in Afrika, danksy die olieprys, behoort ook te help om die markkreuke­ls uit te stryk.

“Die olieprys het deur die $50kerf (sowat R715) gebreek, wat beteken dat uitvoer na Afrika, veral Nigerië, besig is om kop op te tel.

“Golden Delicious bly die topverkope­r-appelkulti­var in Wes-Afrika. Dis duideliker as ooit tevore dat ons genoeg volumes in dié mark moet hê voor die Ramadan-tydperk,” sê Pienaar.

Volgens hom neem hulle ook in Asië waar dat mense die appelvoorr­aad voor Ramadan opkoop. Tydens Ramadan neem die vraag aansienlik af.

VERKIESING­SPANNING

Die bedryf hou asem op oor moontlike probleme wat in die aanloop tot vandeeswee­k se munisipale verkiesing kan opduik omdat daar dikwels in die verlede faksieprob­leme en protesaksi­e in die tydperk voor verkiesing­s uitgebreek het.

“Ons hoop nie die Wes-Kaapse landboubed­ryf word beïnvloed deur pogings om oor kort termyn politieke punte te wen nie.

“Die bedryf dra elke jaar meer as R6 miljard tot die ekonomie by.” Meer as 15 200 mense en hul gesinne maak ’n bestaan uit die bedryf.

 ??  ??
 ??  ?? Die appel- en peeroes het tot ’n einde geloop. Die warm somer het kleiner vrugte tot volg gehad.
Die appel- en peeroes het tot ’n einde geloop. Die warm somer het kleiner vrugte tot volg gehad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa