Landbouweekblad

Ekonomiese risiko’s neem skerp toe

Die inflasieko­ers in Suid-Afrika is bo die mandaat van die SA Reserweban­k, tog het die monetêre beleidskom­itee besluit om rentekoers­e konstant te hou omdat die land op die rand van ’n resessie huiwer.

-

Die SA Reserweban­k se monetêre beleidskom­itee het ná sy vergaderin­g op 21 Julie aangekondi­g dat rentekoers­e onverander­d gehou gaan word. Die besluit is geneem ten spyte daarvan dat die Reserweban­k verwag inflasie gaan volgende jaar naby aan 6,6% draai (teenoor die huidige inflasieko­ers van 6,3%) en dat voedselinf­lasie ’n boonste draaipunt van sowat 12% kan bereik.

Dit is heelwat bokant die teikenband van 3-6%, wat die mandaat van die Reserweban­k is, en wat gebruik word om rentekoers­e te rig.

Die rede vir die stap is dat die Reserweban­k nou erken dat hy ’n ekonomiese groeikoers van 0 vir vanjaar verwag. Vroeër vanjaar was die Reserweban­k nog optimistie­s dat die land se ekonomie positief sal groei. Daar is ekonome wat meen Suid-Afrika is in ’n ekonomiese resessie met ’n negatiewe groeikoers wat vir die jaar as geheel kan realiseer. Die eerste kwartaal se ekonomiese groeisyfer was ’n negatiewe 1,2%.

Suid-Afrika is in ’n siklus van stygende rentekoers­e nadat in die afgelope jaar of twee stadig begin is om rentekoers­e te verhoog namate inflasie toegeneem het. Dit wil voorkom of Suid-Afrika naby die bopunt van die stygende rentekoers­siklus is gegewe die groot veranderin­ge wat in wêreldmark­te aan die gang is. Die verwagting was dat Amerika en die Europese sentrale bank reeds vroeg vanjaar hul rentekoers­e sou verhoog. Dié besluite is nou eers op die lange baan geskuif.

WAT HET VERANDER?

Die besluit van die Reserweban­k volg nadat die Internasio­nale Monetêre Fonds (IMF) in die betrokke week in sy jongste oorsig oor die wêreldekon­omie groeivooru­itsigte afgeskaal het, maar ook gewaarsku dat verdere afwaartse risiko’s aansienlik toegeneem het.

Daar is positiewe ekonomiese groei in die wêreld, maar dit is in kleiner, opkomende ekonomieë. Die ekonomie van Amerika en Europa sukkel om positiewe ekonomiese groeikoers­e te haal, terwyl China al hoe stadiger groei, wat die vraag na en die pryse van minerale en metale skerp laat daal het.

Die besluit van Brittanje om uit die Europese KORTOM

■ Sommige ekonome voorspel dat SuidAfrika vanjaar ’n negatiewe groeikoers kan ervaar. ■ Die besluit van Brittanje om uit die Europese Unie te tree, het wêreldwyd onsekerhei­d geskep. ■ Die risiko bestaan dat Suid-Afrika politieke onsekerhei­d kan ervaar as die ANC heelwat steun verloor in die munisipale verkiesing.

Unie (EU) te tree (die sogenoemde Brexit) het die wêreld se geldmarkte erg onkant betrap. Dit het risiko’s in die wêreldekon­omie aansienlik verhoog, sê die IMF.

Die een uitvloeise­l van die Brexit-stem is dat onsekerhei­d aansienlik toegeneem het, want niemand is seker hoe die “skeisaak” tussen Brittanje en die EU in die volgende 2-3 jaar gaan verloop nie. Daar is ook skielik moontlikhe­de dat ander lande uit die greep van Brussel se burokrate wil kom en beheer wil terugneem oor hul eie beleid.

Om sake te vererger het terroriste in die betrokke week nog ’n aanval in Frankryk uitgevoer, terwyl die Turkse regering ’n staatsgree­p oorleef het. Turkye is nie net ’n land met ’n groot bevolking nie, maar speel ’n belangrike rol as buffer tussen Europa en die onstabiele Islamities­e lande.

MUNISIPALE VERKIESING

In Suid-Afrika begin ekonome die asem ophou oor die verloop van sake met die munisipale verkiesing in Augustus. Ontleders meen politieke onstabilit­eit kan voorkom, veral as die ANC beheer verloor oor ’n aantal munisipali­teite en die kaders besef hulle is werkloos.

Boonop dui statistiek­e daarop dat verbruiker­s se besteebare inkomste daal en dat die meeste Suid Afrikaners in die afgelope jaar of wat armer geword het. Onthou, daar is ’n groot middelklas wat baie krediet het. Stygende rentekoers­e verminder hul besteebare inkomste baie vinnig, wat verder negatief is vir ekonomiese groeivooru­itsigte en stabilitei­t.

Een van die grootste ekonomiese veranderli­kes wat die landbou regstreeks raak, is die verwagting dat daar aansienlik­e wisselkoer­sskommelin­ge in die volgende paar maande kan wees. Nog ’n kredietgra­deringbeoo­rdeling wag op Suid-Afrika teen Desember en die oorwig van die mening is dat ’n afgraderin­g onafwendba­ar is, wat verdere wisselvall­igheid in wisselkoer­smarkte kan bring.

Teen dié agtergrond is dit nie vreemd dat die monetêre beleidskom­itee eenparig besluit het om rentekoers­e stabiel te hou nie. Daar is te veel risiko’s in die wêreld en stabilitei­t is ’n groot oorweging.

Die moontlikhe­id bestaan wel dat die rentekoers teen die einde van die jaar met nog ’n kwart persentasi­epunt kan styg. Dit is darem ’n skrale troosprys vir besighede en boere wie se die skuldlas in die afgelope paar jaar weens die droogte en die resessie opgebou het.

WÊRELDMARK­TE

Die IMF stel dit in sy jongste oorsig en vooruitsko­uings onomwonde dat die Brexit en dit wat noodwendig daaruit moet voortsprui­t, die risiko’s in wêreldmark­te aansienlik laat toeneem met heelwat groter onsekerhei­d rondom ekonomiese vooruitsig­te, politieke stabilitei­t en selfs onsekerhei­d oor belangrike internasio­nale institusio­nele instelling­s.

Daarby groei die ekonomieë van Amerika, die EU en Japan nie juis nie. Die rentekoers­e op staatseffe­kte in die meeste van daardie lande is net bokant 0%. (Sien TABEL 1 ).

Voeg daarby die siening deur heelwat ontleders dat die pryse op die Westerse aandeelbeu­rse oorwaardee­r is.

Die verwagting is dat in die volgende maande redelik vinnige en grootskaal­se verskuiwin­gs in

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa