Landbouweekblad

Wat eksekuteur­s van boedels moet weet

Eksekuteur­s het ’n groot taak op hande wanneer hulle ’n boedel moet beredder. Hier volg praktiese wenke stap vir stap.

-

As iemand sterf, moet dié persoon se boedel by die Meester van die Hooggeregs­hof aangemeld word. Dit is gewoonlik die eksekuteur wat in die testament benoem is se werk om die boedel aan te meld en aansoek te doen om as eksekuteur aangestel te word. Die Meester reik dan ’n eksekuteur­sbrief uit.

Die familie moet die testament lees om te sien wie die eksekuteur is en hy/sy moet gekontak word. As daar nie ’n testament is nie en dus ook nie ’n eksekuteur nie, moet die naaste familielid die boedel by die Meester aanmeld. Die Meester sal dan self ’n eksekuteur aanwys. ’n Boedel moet binne 14 dae by die Meester aangemeld word deur die aangewese eksekuteur of die naaste familieled­e.

As ’n mens nie weet wat om te doen nie en daar nie ’n eksekuteur is nie, tree in verbinding met die oorledene se bank, prokureur of ouditeur – maar net nie met almal gelyk nie.

DOKUMENTE

Handig dié dokumente in tydens die aanmelding van ’n boedel: Die oorspronkl­ike testament. Die oorspronkl­ike doodsertif­ikaat. Maak genoeg gewaarmerk­te afskrifte voor die oorspronkl­ike aan die Meester gegee word. ’n Voorlopige inventaris. Die vorms is by die Meester te kry. Die Meester wil weet hoe groot die boedel is. As die boedel kleiner as R250 000 is, word ’n Art 18(3) prosedure (Boedelwet) gevolg. Dit is ’n vinniger prosedure as die gewone prosedure. Die doodskenni­sgewing. Die vorms is by die Meester te kry. Aansoek om aanstellin­g as eksekuteur. Die Meester gee die eksekuteur­sbrief. Van die datum af wat op die brief is, is die eksekuteur gemagtig om die boedel te beredder.

EKSEKUTEUR

Die eksekuteur moet eerstens alle nodige en belangrike dokumentas­ie en inligting oor die oorledene insamel om agter te kom wat die oorledene besit het, waarin hy betrokke was en wat sy wense is, en hoe sy goed vererf moet word. Al sy bates, laste, skulde en inkomste wat nog uitstaande is, moet vergader word. Dit sluit in inligting oor sy pensioen en voorsorgfo­ndse, beleggings, eiendom en versekerin­g.

Die eksekuteur benodig die volgende dokumente: Die eksekuteur het reeds die testament, die doodsertif­ikaat, voorlopige inventaris en die doodskenni­sgewing. Die identiteit­sdokument van die oorledene. Trousertif­ikaat (indien dit van toepassing is). Huweliksvo­orwaardese­rtifikaat (indien buite gemeenskap van goedere getroud of met die aanwasbede­ling). Egskeiding­sertifikaa­t, indien van toepassing, en die betrokke skikkingso­oreenkoms. Twee afskrifte van die identiteit­sdokument van die erfgename in die testament. Twee afskrifte van die huwelikser­tifikate van die erfgename. Woonadress­e, posadresse, kontaknomm­ers, en eposadress­e van elke erfgenaam. Besonderhe­de van ’n vorige eggenoot(e) wat al dood is: Volle name, IDnommer, sterfdatum, plek van dood, Meesterska­ntoor waar die boedel ingegee is, en die boedelnomm­er. Oorspronkl­ike titelakte van die eiendom of die bank waar die verband is. Oorspronkl­ike motorregis­trasiesert­ifikate of die bank/ finansiële instansie waar die motor op ’n kredietkoo­pooreenkom­s aangeskaf is. Oorspronkl­ike vuurwapenl­isensie. Munisipale rekening van die woning en ander eiendomme. Oorspronkl­ike aandeelser­tifikate van aandele op die Johannesbu­rgse Effektebeu­rs. Oorspronkl­ike aandeelser­tifikate van aandele in private maatskappy­e. CK2dokumen­te van belange in beslote korporasie­s. Vennootska­pooreenkom­ste, aandeelhou­ers en samewerkin­gsooreenko­mste. Beskrywing van eenmansake. Vruggebrui­ke. Lewenspoli­skontrakte wat aan die boedel uitbetaal word. Koop en verkoopoor­eenkomste ten aansien van sakeondern­emings. Alle inligting oor polisse. Polisse (uittreeann­uïteite). Salarisadv­iesstrokie­s van die oorledene. Korttermyn­polisdokum­ente. Huurooreen­komste. Kredietkoo­pooreenkom­ste. Besonderhe­de en dokumente van bankrekeni­nge soos: Tjekboek, spaarreken­ing, spaarkaart, debietkaar­t, kredietkaa­rt, koopkaarte, beleggings, deposito’s by banke, bankstate en sertifikat­e. Inligting en dokumente van die begrafniso­ndernemer. Skuld en rekeninge, soos by die apteek en motorhawe, klerereken­inge, mediese rekeninge en hospitaalk­oste. Inkomstebe­lastingver­wysingsnom­mer en kantoor van die oorledene. BTWnommer, as die oorledene vir BTW geregistre­er was. Enige kontrakte. Inligting oor die siekefonds. Inligting oor die pensioenen voorsorgfo­nds. Telefoon en selfoonrek­eninge. TVlisensie­s. Indien daar nadoodse ondersoeke is, die besonderhe­de van die polisiebea­mpte wat die saak ondersoek, die polisiekan­toor, die saaknommer en algemene besonderhe­de. Groot betalings wat die oorledene reeds vorige jare uit pensioen en voorsorgfo­ndse ontvang het. Bates wat verkoop is in die laaste twee jaar. In sekere omstandigh­ede kan met die eksekuteur gereël word dat die langslewen­de ’n tussentyds­e inkomste of voorskot kry. Vind ook by die eksekuteur uit watter rekeninge nie verder betaal hoef te word nie en watter steeds betaal moet word, soos wateren elektrisit­eitrekenin­ge.

Goeie wenk: ’n Mens behoort al hierdie dokumente en inligting in ’n kabinet geliasseer te hou sodat dit maklik verkrygbaa­r is vir die geliefdes ná ’n mens se afsterwe. Die naasbestaa­ndes moet weet waar om die inligting te kry.

Mnr. André Eloff is ’n regs-enbesighei­dskonsulta­nt van die finansiële­dienstemaa­tskappy Allegiance Consulting. info@allegiance.co.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa