Landbouweekblad

LIGBESOEDE­LING MAAK BRITSE LENTE VROEËR

- — AMELIA GENIS

Bome in Brittanje begin ’n week vroeër bot vanweë ligbesoede­ling.

Navorsers onder leiding van prof. Richard ffrenchCon­stant van die Universite­it van Exeter se sentrum vir ekologie en bewaring het gevind die bome begin tot sewe en ’n half dae vroeër bot in gebiede wat helder belig is. Die uitwerking van ligbesoede­ling is groter op spesies wat gewoonlik later bot.

Hoewel die verband tussen ligbesoede­ling en veranderin­ge in die gedrag van diere welbekend is, is dit die eerste keer dat die impak op plantfenol­ogie (die studie van sikliese en seisoenale natuurlike verskynsel­s, veral in verband met die klimaat en plant en dierelewe) op ’n landwye skaal ondersoek is.

FfrenchCon­stant en sy span meen vroeë bot kan ’n uitwerking hê op die lewensiklu­s van insekte en voëls wat in sinchronis­asie met die bome leef. “Die resultate beklemtoon die behoefte aan eksperimen­te om die uitwerking wat kunsmatige beligting deur die nag op fenologie en interaksie­s tussen spesies het, vas te stel.”

Die navorsers het data wat “burgerwete­nskaplikes” 13 jaar lank regoor Brittanje versamel het, gebruik om die uitwerking van kunsmatige lig op bottyd te bepaal. Die data is as deel van die Woodlandtr­ust se Nature’s Calendarin­isiatief versamel. Die publiek is gevra om aan te teken wanneer hulle Amerikaans­e plataan, eike, es en beukehoutb­ome met blare sien.

Dr. Kate Lewthwaite, bestuurder van die Woodlandtr­ust se program vir burgerwete­nskap, sê ontledings van die Nature’s Calendarda­ta dui daarop dat ’n verhoogde koers van verstedeli­king druk plaas op die natuur op maniere wat hulle nie kon voor sien nie.

“Soos dit moeiliker word om die seisoene te voorspel, sal ons inheemse natuurlewe sukkel om tred te hou met wisselinge wat hul habitatte en voedselbro­nne beïnvloed.”

Hulle hoop die navorsing kan daartoe lei dat dié kwessie op nuwe maniere getakel word en beter besluite geneem word.

 ?? FOTO: DANE MCDONALD ?? Wetenskapl­ikes het vasgestel bome in Brittanje begin deesdae ’n week vroeër as voorheen bot. Dié gevolg van ligbesoede­ling kan ook ’n uitwerking op voëls en insekte hê.
FOTO: DANE MCDONALD Wetenskapl­ikes het vasgestel bome in Brittanje begin deesdae ’n week vroeër as voorheen bot. Dié gevolg van ligbesoede­ling kan ook ’n uitwerking op voëls en insekte hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa