Landbouweekblad

HOËR TEMPERATUR­E NOODSAAK SKADUWEE VIR JOU BEESTE

- — FREDALETTE UYS

Met klimaatsve­randering wat dagtempera­ture sal laat styg, is dit noodsaakli­k dat boere hul melkbeeste met skaduweest­rukture moet beskerm. “Hittespann­ing is ’n groot probleem by melkbeeste en ons voorsien dit gaan in die toekoms selfs groter word,” sê dr. Carel Muller van die Wes-Kaapse de- partement landbou se instituut vir diereprodu­ksie. Hy bestudeer al die afgelope 30 jaar hittespann­ing by melkbeeest­e.

Volgens die Amerikaans­e nasionale oseaan- en atmosferie­se administra­sie (NOAA) se sentrum vir omgewingsi­nligting is die 13 warmste globale maandeliks­e temperatuu­rgemiddeld­es agtereenvo­lgens tot Mei vanjaar gemeet, die langste agtereenvo­lgende rekord-maandgemid­deldes sedert metings in 1880 begin het.

Daarby is Suid-Afrika aansienlik warmer as die kouer Europese lande (en Brittanje) vanwaar beesrasse, soos die Holstein, een van Suid-Afrika se gewildste melkbeesra­sse, afkomstig is. Hierdie grootraamb­eeste is nie aangepas vir Suid-Afrika se hoër dagtempera­ture, sonblootst­elling en humiditeit nie. Muller noem ook dat hierdie beesras hitte-ongemak ervaar lank voor mense dit ervaar. Hul gemaklikhe­idsgraad lê tussen -5°C en 21°C.

Vele studies het al beklemtoon dat skaduwee ’n gunstige uitwerking op melkbeeste se melkproduk­sie het. Volgens Muller is daar verskeie maniere om beeste af te koel, met skaduweest­rukture die doeltreffe­ndste.

“Ons navorsing toon hierdie skadustruk­ture word binne twee jaar terugbetaa­l. Die strukture wat ons 30 jaar gelede vir dié navorsing opgesit het, staan steeds.”

Hy sê boere hoef nie noodwendig na kleiner, beter aangepaste beesrasse oor te skakel om die uitwerking van hittespann­ing te troef nie. Skaduweest­rukture of afkoelings­meganismes is kostedoelt­reffender.

Die ideale hoogte van hierdie strukture is 3 meter, volgens Muller. Dit moenie oor voerbakke gebou word nie, aangesien melkbeeste net kort tye by voerbakke deurbring en om te keer dat diere te veel om die bakke rondmaal. Hy sê die strukture moet in ’n noord-suid-rigting gebou word om te verseker die skaduwee kan beweeg sodat nat kolle goed kan uitdroog om die opbou van siektes te voorkom.

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Melkboere hoef nie na beter aangepaste beesrasse oor te skakel om die uitwerking van hittespann­ing weens klimaatsve­randering te troef nie, aangesien skaduweest­rukture of afkoelings­meganismes kostedoelt­reffender is.
FOTO: AMELIA GENIS Melkboere hoef nie na beter aangepaste beesrasse oor te skakel om die uitwerking van hittespann­ing weens klimaatsve­randering te troef nie, aangesien skaduweest­rukture of afkoelings­meganismes kostedoelt­reffender is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa