Waarde van arbeid ’n tameletjie
Die landbou is een van die min sektore in Suid-Afrika wat groter getalle mense in diens kan neem. Hoekom is boere dan besig om al hoe meer te meganiseer? Kan dié neiging nog omgedraai word?
Van al die sektore in die land is dit die landbou wat die vermoë het om werkgeleenthede te skep, maar arbeidskwessies strem dit in ’n groot mate. In ’n vryemarkstelsel word kapitaalbates hoofsaaklik deur private persone besit en beheer. Arbeid word in die vorm van lone en salarisse “gekoop” om kapitaalbates te lewer en winste vir eienaars te realiseer.
Kommoditeite word dus bymekaargegooi met die doel om ’n surpluswaarde bó die koste van die kommoditeite te voeg sodat ’n surplus in die vorm van wins die kapitaaleienaar as beloning kan toeval.
Die kernaspek is dat bestaande kommoditeite (saad, kunsmis, diesel, onkruid en plaagdoders) gedurende die produksieproses in nuwe kommoditeite (mielies, sojas, koring) omskep word sodat dit teen ’n hoër waarde verkoop kan word as wat die onderlinge aankoopwaarde van die bestanddele was.
Kritiek teen die vrye mark is dat arbeid met dié stelsel net as ’n kommoditeit beskou word.
Getrou aan die grondslag van die vrye mark móét arbeid dus ook so aangewend word dat dit ’n surplus bó die aanvanklike koste kan realiseer. Die koste van arbeid, soos weerspieël in ’n loon of salaris, moet onvermydelik minder wees as die waarde wat dit vir die kapitaaleienaar realiseer. Dit stel die kapitaaleienaar in staat om surpluswaarde uit arbeid te onttrek en wins daaruit te akkumuleer. Daarsonder sal werkgeleenthede nie geskep kan word nie.
WINSMOTIEF VIR GEBRUIK VAN ARBEID
Die deurslaggewende faktor by die vasstelling van die prys van arbeid is die mate waartoe die arbeid dus bydra tot die waarde van die eindproduk. Werkgewers sal nie arbeiders aanstel wat nie méér waarde kan toevoeg as wat die koste van hul arbeid is nie. Daar moet dus ’n winsmotief vir die gebruik van arbeid wees, anders is dit sinneloos om van arbeid gebruik te maak. Gevolglik sal werkers wat meer produktief is in groter aanvraag wees as dié wat minder produktief is.
In SuidAfrika word lone tans in ’n groot mate op ’n gedwonge wyse deur vakbonddruk of regeringsinmenging vasgestel. Dit lei noodwendig daartoe dat die verhouding tussen die koste van arbeid en die waarde wat dit vir die werkgewer toevoeg, kunsmatig vernou word en nie deur markkragte nie.
Gevolglik verlaag die vraag na arbeid omdat werkgewers alternatiewe soek waarmee waarde tot hul eindprodukte gevoeg kan word. Boere vervang byvoorbeeld hul arbeiders met masjinerie of probeer om met Meer werkers op ’n plaas beteken meer geleenthede vir individuele werkers om te spesialiseer in wat hulle doen en om unieke vaardighede aan te leer wat hulle meer gesog as werknemers sal maak.
Hoe meer gespesialiseerde werkers uiteindelik in die ekonomie werksaam is, hoe meer produktief is die land se arbeidsmag en hoe meer kan hulle betaal word.
Tans gebeur die teenoorgestelde. Omdat boere juis nie meer geleenthede vir spesialisasie op plase skep nie, bly plaaswerkers meestal net algemene werkers en ontwikkel hulle nie vaardighede wat die vraag na hul arbeid verhoog nie.
Die hoë minimum loon “prys” plaaswerkers met lae vaardighede as’t ware uit die mark en dit lei tot die afskaling van werkgeleenthede op plase.
Die landbou as primêre sektor behoort op groot skaal werk vir laaggeskoolde en onervare werkers te skep. Soos wat hul vaardighede en ervaring toeneem, verhoog hul aanvraag in sekondêre sektore.
Verlies aan werk in die landbousektor behoort dus tot ’n toename in werksgeleenthede in die sekondêre sektore te lei, maar dit gebeur ook nie tans nie.
Volgens Statistieke SA neem werkgeleenthede in bouwerk en vervaardiging gesamentlik ook af. Die vermindering van plaaswerkers het dus nie tot ’n toename in die opvolgende sektore se arbeidsmag gelei nie.
In hul verslag “The economic rationale