Landbouweekblad

Mediumraam-Merino’s die antwoord vir gehalte-fynwol

Groter beteken nie noodwendig beter en meer winsgewend nie. Met sy mediumraam­Merino’s beweeg mnr. Johan Müller van Mosselbaai van dié “uitgediend­e siening” weg en kweek suiwer fynwol van gemiddeld 18,2 mikron en selfs fyner. Boonop maak hy net soveel geld

-

Die natuur duld geen uiterstes nie – en dis ook mnr. Johan Müller van Mosselbaai se slagspreuk met sy Merino’s. “Wanneer ’n dier te groot geteel word, kan sy haarself nie op die lang duur handhaaf nie. Êrens word eienskappe prysgegee.” Suid-Afrikaanse Merino’s is oor die algemeen grootraamd­iere (sowat 80 kg) wat geteel word om in goeie voedingsto­estande te presteer. Johan beweeg weg van dié standaard, en teel mediumraam-Merino’s (50 kg tot 60 kg) wat op normale, natuurlike suurveldwe­iding moet reprodusee­r en fynwol lewer. “Enige skaap kan só gevoer word dat sy kondisie uitstekend is, maar my diere moet op natuurlike weiding kan presteer.”

Prestasies­yfers en rekordhoud­ing is goeie hulpmiddel­s, glo Johan, maar nie die alfa en omega nie. “Ek hou daarvan om my skape met die hand-en-oogmetode te klas.” En dié wêreldreko­rdhouer in skaaptel kán maar so praat, want hy kyk fyn (sien kassie op bl. 49).

“Slegs die ramme word getoets, want die ramkopers – en ek – wil weet wat elkeen se mikron is. Ek konsentree­r daarop om sekere moedereien­skappe, soos gehardheid, in my skape te behou.”

DRAAIPUNT VAN DIE BOERDERY

Johan se pa, wyle Jurie, en oupa het ook met Merino’s geboer. “Dié ras kom eintlik vanuit die 1800’s saam met die familie,” sê Johan.

’n Draaipunt was egter toe sy pa in 1957 ’n volledige stoetery van die bekende UysMerinof­amilie van Heidelberg gekoop het. “Dit is waar die grondslag van ons Merinostoe­tery, Witteklip, gelê is.” Die stoetery bestaan tans uit sowat 4 000 Merino’s.

Johan boer ook met sowat 5 000 kommersiël­e Merino’s, wat nie as ’n stoetery geregistre­er is nie.

Hy het in 1984 saam met sy pa en sy broer, Heyns, begin boer. Vandag is hy en Heyns steeds saam in ’n vennootska­p, H.J. Müller en Seuns, bekend as Witteklip-boerdery. Johan hanteer die Merinovert­akking en Heyns die sowat 120 Holsteins in melk op weiding.

“Ons plant en ondersaai lusern saam met koring, hoofsaakli­k vir weiding vir die beeste en Merino’s.

“Omdat kweekgras volop in die SuidKaap voorkom, plant en boer ons in harmo-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa