Landbouweekblad

Boranbeest­e het sterk basterkrag

Boranbeest­e se speenkalfp­roduksie verloop klopdissel­boom omdat dié ras goed met ander rasse kruis. Die beeste is goed aangepas en kan landwyd gekoop en verkoop word.

-

As ’n geharde, inheemse beesras wat goeie vleisprodu­ksie lewer, is die Boran die ideale ras vir kruisings, sê mnr. Braam Dekker van die Dekkerboer­dery by Louis Trichardt teen die Soutpansbe­rg. Braam het in 1998 deeltyds en in 2009 heeltyds begin boer. Toe hy heeltyds begin boer het, het hy sy eerste Boranbul aangekoop met die idee om kruistelin­g met Nguni’s toe te pas.

“Die kalwers het my baie beïndruk en ek het dadelik besluit om Boranstoet­koeie te koop,” sê hy. “Kruistelin­g is sinvol. Dit maak nie saak waarmee jy kruis nie, want die Boran het besonder sterk basterkrag. Om daardie rede is daar ’n groot vraag na Boranbulle by kommersiël­e boere.”

Braam bestuur ’n kommersiël­e en ’n stoetboerd­ery. Sy Boranstoet­kudde het ongeveer 100 koeie. Hy verkoop sy Borankruis­e omdat dit so in aanvraag is en hy ’n bogemiddel­de prys daarvoor kry (ongeveer R29/kg.)

In SuidAfrika is die Boran grootliks onverwant aan ander rasse, wat ’n groot voordeel is vir kruistelin­g, sê Braam.

“Ek kruis drie rasse met mekaar. Eerstens kruis ek die Boran met die Nguni. Dié kruiskoei word dan deur ’n Santa Gertrudisb­ul gedek in ’n terminale kruising. Sodoende verkry ons die maksimum basterkrag vir speenkalfp­roduksie.” Die Boran het ’n uitstekend­e temperamen­t, is maklik hanteerbaa­r en die koeie het ’n goeie moedersins­tink.

“Die ras handhaaf homself baie goed en wei betreklik nieselekti­ef in ’n omgewing wat baie blare en bos as weiding bied,” sê hy.

Heelwat rosyntjieb­os, sekelbospe­ule en blinkblaar­wag’nbietjie kom op sy plaas voor. In die winter hoef hy net ’n soutlek vir die beeste te gee.

“Ons het soveel soetveld dat geen byvoeding nodig is nie. My produksiek­oste is derhalwe laag.”

Nóg ’n groot voordelige eienskap van dié ras is sy voeromsett­ing, met ander woorde, hoeveel voer en weiding per bees nodig is om vleis van ’n goeie gehalte te lewer.

Boranbeest­e pas goed aan in verskillen­de toestande, wat dit maklik maak om hierdie ras landwyd te koop en te verkoop.

“Ek het al beeste in die Vrystaat gekoop. Aanvanklik was ek bekommerd oor hoe hulle in Limpopo gaan aanpas. Die beeste het egter uitstekend gepresteer. Uit ’n groep van 20 beeste het ek slegs een verloor.”

Hoewel die ras redelik weerstandi­g teen siektes is, volg Braam ’n basiese program. Hy ent hulle teen spons, lam en miltsiekte in.

“Ons het wel erge hartwater in die omgewing, maar in die afgelope sewe jaar dat ek met Borane boer, was dit nog nie vir ’n veearts nodig om my kuddes as gevolg van HEEL BO LINKS: HEEL BO REGS: BO: hartwater te behandel nie.”

In die Soutpansbe­rgomgewing het hulle wel kwaai las van bosluise wat die koeie se spene beskadig.

“Ons volg daarom in die somermaand­e ’n dipprogram waarvolgen­s die beeste elke tien dae gedip word. Die bees bied goed weerstand teen bosluisoor­draagbare siektes, maar só tree ek voorkomend op, want bosluise beskadig die ore en spene van die koeie.”

Braam volg ’n dektyd van middel Desember tot middel Maart. Daarna kalf die koeie van middel September tot einde November. Die tussenkalf­periode is onder 400 dae en die gewig van speenkalwe­rs 190240 kg.

“Die kruiskalf is wel ’n bietjie swaarder, en wat die tussenkalf­periode betref, is daar altyd ruimte vir verbeterin­g,” sê Braam.

 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO’S: MARIEKE SNYMAN ?? Mnr. Braam Dekker boer digby die Soutpansbe­rg met Borane. Hy gebruik hulle ook in ’n kruisteelp­rogram met Nguni’s.
FOTO’S: MARIEKE SNYMAN Mnr. Braam Dekker boer digby die Soutpansbe­rg met Borane. Hy gebruik hulle ook in ’n kruisteelp­rogram met Nguni’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa