Landbouweekblad

In elke saadjie is ’n geskenk van gehalte

Augustus is Vrouemaand. Liza Bohlmann het op Greytown in KwaZulu-Natal, Pannar se tuisdorp, met ’n paar vroue van dié saadmaatsk­appy gaan praat oor hul werk, wat hulle motiveer en hoe hul doelwitte by die maatskappy se kernwaarde­s inskakel.

-

Indien jy al ooit gewonder het wie agter elke pit in Pannar se saadpakkie­s sit, lees vandeesmaa­nd meer oor die mense agter die skerms wat elke mieliebast­er en sojaboon soos ’n kroonprins bewaak. Hierdie vroue vertel hoe hulle van die eerste ontwikkeli­ngstadium van die produk in die laboratori­um tot by die saadproewe en gehaltetoe­tse skouer aan skouer saam met hul manlike kollegas werk om net die beste vir boere te lewer.

Me. Marianne Brown, bedryfsbes­tuurder van geïntegree­rde gehaltebeh­eer vir Afrika in Greytown, sien saam met haar span toe dat Pannar se produkte en diens aan die vereiste standaarde voldoen.

Daardie laaste paar hekkies wat keer dat ondergemid­delde produkte op die mark verskyn, is ’n belangrike skakel in die jare wat dit duur om ’n nuwe kultivar bekend te stel. “Rentmeeste­rskap beskerm ons toekoms” is ’n slagspreuk waaraan Marianne onwrikbaar glo. Gehaltebeh­eer verseker al Pannar se produkte voldoen aan die hoogste standaarde vir plaaslike gebruik, maar ook internasio­naal. Danksy noukeurige gehaltetoe­tse kan boere staatmaak op net die beste in elke sakkie saad.

Nes in enige boerdery is gehaltebeh­eer, rentmeeste­rskap en volhoubaar­heid onontbeerl­ik as jy sake op ’n verantwoor­dbare wyse wil doen.

“Ek werk al 16 jaar lank by Pannar en ek is werklik verbind tot die maatskappy se kernwaarde­s,” sê Marianne. “Ons beywer ons om hierdie waardes elke dag in ons werk uit te leef.”

Mnr. Peet van der Walt, advertensi­ebestuurde­r, sluit daarby aan.

“Ons hoofdoelwi­t is om boere by te staan om rentmeeste­rs van die omgewing te wees. Ons wil daarom met integritei­t en verantwoor­dbaarheid sake doen. Marianne en haar afdeling sien toe dat Pannar se produkte van meet af aan ’n hoë standaard voldoen.” Pannar se kernwaarde­s is:

Pannar is verbind tot ’n persoonlik­e en profession­ele ondernemin­g om die veiligheid en gesondheid van sy werknemers, kontrakteu­rs, kliënte en die mense in die gemeenskap­pe waar hulle werk, te beskerm.

Pannar vind wetenskapl­ik gefundeerd­e, volhoubare oplossings vir sy kliënte. Die maatskappy tree altyd verantwoor­delik op om die omgewing te beskerm en die aarde se natuurlike hulpbronne te bewaar, vir die huidige sowel as toekomstig­e geslagte.

Pannar behandel sy werknemers en al sy vennote profession­eel, met waardighei­d en respek. Die maatskappy bevorder ’n omgewing waarin mense ’n bydrae kan lewer, vernuwend kan dink en kan uitblink.

Die maatskappy bestuur homself en sy sakebelang­e in ooreenstem­ming met die hoogste etiese standaarde en in ooreenstem­ming met alle toepaslike wette, terwyl Pannar altyd daarna strewe om wêreldwyd ’n gerespekte­erde korporatie­we burger te wees. Marianne sê Pannar maak dit aangenaam vir sy personeel om hul take te verrig en dit

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ??
FOTO: LIZA BOHLMANN
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa