Landbouweekblad

Dié donkie is ’n wonderlike ding

Sedert ’n donkie geïnstalle­er is om warm water aan die huishoudin­g te voorsien is daar vrede op Bare Acres. Nou kan almal na hartelus bad, stort en in die jacuzzi baljaar – sonder om ’n sent aan elektrisit­eit te bestee. Die eerste jaar het die Miles-gesin

-

4 5 die Oos-Kaap.

Nadat ’n vriend op ’n rommelveil­ing in Bloemfonte­in ’n paar 150 liter-lugsilinde­rs afkomstig van ou treinwaens teen ’n appel en ei opgeraap het, het Greg ’n paar teen R200 stuk oorgeneem en aan die plan gekom om sy eie donkie te bou.

’n Soektog op Google het allerlei interessan­thede opgelewer van die verskillen­de soorte donkies wat gebou kan word en sommer ook as pizza-oonde ingespan word.

Uiteindeli­k het hy ’n plan op Pinterest raakgesien en dit aangepas, onder meer deur die ruimte aan die bokant van die tenk wat op die betonblad rus met sand te vul vir beter isolering. Greg het aanvanklik staalwater­pype gebruik, maar is besig om dit met koperpype te vervang. Die gedeelte onder die betonblad, waarop ’n mens vuur maak, is ook met grond volgemaak om te keer dat die blad weens temperatuu­rwisseling­s kraak. 1. 2. Omdat swartwatte­l, wat teen ’n hoër temperatuu­r as doringhout brand, in oorvloed op die plaas is, het hy genoeg ruimte onder die silinder gelaat om groot stompe in die oond te sit. As die vuur eers aan die brand is en hy die oonddeur toemaak, is daar dus voldoende warm water (van 60 °C) dag en nag beskikbaar. As hy die donkie se oonddeur oophou, bereik die water kookpunt.

Daar was destyds ’n bouer op die plaas wat besig was om ’n stoep te bou, en Greg het hom gevra om die oond te bou.

Die bouwerk het sowat twee weke geduur aangesien die betonblad eers goed droog moes word. Die gedeelte aan die bokant van die silinder is met sand gevul om die water warm te hou.

Omdat Greg nie seker was hoe goed die donkie gaan werk nie, het hy aanvanklik sy elektriese geiser behou.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa