Landbouweekblad

Mosbolletj­ies

-

verhitte oond vir 1015 minute tot die kors goudbruin is. Haal die rys uit en laat afkoel. Vul die kors met die botterskor­sieeneierm­engsel en bak teen 180 °C vir sowat 45 minute. Sprinkel die gevlokte amandels oor die quiche net voor jy dit uit die oond haal. Sit warm voor. Lewer 4–6 porsies Die Franse is versot op hierdie Suid-Afrikaanse lekkerny wat nogal herinner aan hul plaaslike brioche. Ons bak ons s’n in individuel­e koper koppies wat ek oorspronkl­ik gekoop het om as glase te dien vir ons ‘Russian Mule’-skemerkelk­ies. Iewers tussen die Franse, Suid-Afrikaners, Russe en muile het ons ’n wenresep ontdek.

Smeer twee broodpanne van 26 cm x 7 cm of individuel­e blikkoppie­s met kleefweren­de kossproei of gesmelte botter. Gebruik ’n staanmenge­r met ’n deeghaak. Voeg die meel, suiker, gis en anyssaad in die mengbak en meng op lae spoed tot goed gemeng.

Verhit die druiwesap en meng dit met die botter tot die botter smelt. Voeg die druiwesapm­engsel by die meelmengse­l saam met die warm melk en water. Meng op mediumspoe­d vir 10 minute tot ’n deeg vorm. Voeg die sout by en meng vir ’n verdere 10 minute.

Haal die deeg uit die mengbak en plaas dit in ’n gesmeerde bak. Bedek liggies met kleefplast­iek en laat staan vir 2030 minute op ’n warm plek tot die deeg omtrent in volume verdubbel het.

Slaan die deeg plat, knyp stukke af en vorm balletjies deur ’n sirkel met jou een duim en voorvinger te vorm en die deeg met die ander hand daardeur te druk. Ons bedek ons hande met kleefweren­de kossproei om te keer dat die deeg daaraan kleef. Druk drie balletjies in elke koppie (of pak dit styf in die broodpanne).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa