Woude opgeoffer vir wa-bedryf
Dit was nie net die slim ontwerp wat gelei het daartoe dat Suid-Afrikaanse ossewaens van die sterkste en duursaamste ter wêreld was nie, maar ook die groot verskeidenheid houtsoorte wat wamakers kon gebruik.
Rytuigbouers van Europa en NoordAmerika moes met ’n paar bruikbare houtsoorte tevrede wees. Boonop was geeneen daarvan besonder hard, duursaam of taai nie. Suid-Afrikaanse woude het egter ’n rykdom van hout met elke denkbare eienskap.
Prof. G.L.F. Hartwig, wat hoogleraar in houttegnologie aan die Universiteit Stellenbosch was, het ’n deeglike studie gemaak van die hout wat vir waens gebruik is. Hy noem meer as twintig Kaapse houte wat gereeld gebruik is. Baie is alternatiewe, maar ’n kieskeurige wamaker sou maklik tien verskillende houte vir sy waonderdele kies. Die omvang van die waboubedryf was groter as wat mense besef. Voor 1900 was daar al meer as 10 000 waens op plaaslike paaie en daar was toe al dosyne fabrieke wat tot ’n wa per dag kon lewer. ’n Bokwa vereis amper 3 m3 gesaagde hout. Die WesKaap is al teen die middel van die 18de eeu so van hout gestroop dat wamakery na Swellendam moes skuif. Teen die middel van die 19de eeu het die Oos-Kaap die wabousentrum begin word, want hout in die Overberg het skaars geraak. In die Oos-
BOEK OOR WAENS OP PAD
Prof. Erik Holm werk aan ’n boek, wat deur Protea uitgegee gaan word. Dit sal ’n katalogus met foto’s van Suid-Afrika se oorblywende waens insluit.
Die reaksie uit se geledere oor ossewaens was tot dusver oorweldigend. Hy soek na foto’s van die waens (skuins van voor en agter), die lengte van die wa, die asmerke en datum (dit is bo-op die as as jy die wiel afhaal en die ghries wegkrap). Stuur ook die GPS-koördinaat van waar die wa staan.
Holm sal van tyd tot tyd ’n uittreksel uit die boek in
laat publiseer. Kontak hom by e-pos: erikholm1945@gmail.com.