Landbouweekblad

Hierdie plaas met sy egte sandsteenk­asteel gryp jou verbeeldin­g aan. Hy kom met baie fabels, vertelling­s en verhale met stertjies.

-

REGS BO: BO: dag nog praat die gemeenskap agter bak hande oor die mummie wat in die Newberries se kelder lê – die einste mummie wat glo ’n vloek oor die familie gebring het.

VERDWENE DRIELING

Dit klink ook nie of die egpaar se huwelik baie gelukkig was nie. Charles het glo ander vrouens se linne gekreukel, en Elizabeth, wat 20 jaar jonger as hy was, het die geselskap van hul kinders se jong onderwyser geniet. Dit is egter vinnig stopgesit toe Charles die meneertjie van die treinhalte op die plaas af teruggestu­ur na waar hy vandaan kom.

En dan is daar die drieling wat nooit aangeteken is nie. Hulle is wel op een foto te sien, maar daarna is hulle weg. Al die jare hang daar nog ’n groot vraagteken oor die

NOOIT OOR GEPRAAT

Ek het mnr. John Moffet, Charles en Elizabeth se agterklein­kind, gaan opsoek in die hoop dat hy van die stories se stertjies kan afgooi.

Hy lag. “Nee, daar was nooit ’n mummie in die kelder nie, maar wel twee kleibeelde van koppe. Mense het dit uit verband geruk.”

Sy ma het haar ouma uitgevra oor die babas. “Sy het gesê om nooit weer daaroor uit te vra nie. Dit was taboe. My ma wou ook nie met my daaroor praat nie.”

Die plaas behoort deesdae aan mnr. Rick en mev. Sue Melvill, wat dit tot ’n gewilde gasteplaas en onthaalple­k opgebou het. NUWE BLOG www.prynnsberg.co.za.

In ’n nuwe blog, Wat is in ’n naam?, probeer Sanet van Rensburg agter die kap van die byl kom van interessan­te plaasname. Soms is die oorsprong heel eenvoudig, maar dikwels skuil daar ook geheime en tragedies agter die name. Sanet woon die afgelope 22 jaar op ’n plaas in die Oos-Vrystaat waar haar man ’n gemengde boerdery bedryf. Hulle het vier seuns. Sy het onderwys in Potchefstr­oom gestudeer en onlangs ’n skryfskool in die Wes-Kaap voltooi.

 ??  ?? ’n Ietwat onvriendel­ike plaasnaamb­ord.
Die egte sandsteenk­asteel op Prynnsberg, waar mnr. Charles en mev. Elizabeth Newberry in die laat 1800’s gewoon het.
’n Ietwat onvriendel­ike plaasnaamb­ord. Die egte sandsteenk­asteel op Prynnsberg, waar mnr. Charles en mev. Elizabeth Newberry in die laat 1800’s gewoon het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa