Landbouweekblad

Die Charolais, ’n eeue oue suiwer Franse beesras, bied verskeie voordele aan boere van Suid-Afrika om winsgewend te kan boer.

-

Die Charolais-beestelers­genootskap van Suid-Afrika vier vanjaar sy 50ste bestaansja­ar. Dié Franse beesras is gelouter deur eeue se genetiese vordering en seleksie. Die Charolais is ’n suiwer ras en het sy ontstaan meer as 400 jaar gelede in die ooste van Frankryk. Dit is nie verwant aan enige ander ras nie. Die ras het in die 16de en 17de eeu reeds naam gemaak as ’n waardevoll­e, veeldoelig­e ras.

Die voortrefli­ke bespiering wat vandag nog kenmerkend van die ras is, spruit uit die Charolais se geskiedeni­s as trekdier.

Reeds in 1864 is die eerste Charolais-kuddeboek in Frankryk aangeteken. Vandag is daar diere met ’n stamboom wat oor meer as 130 jaar strek. Teen 1907 was daar 1 026 000 Charolais-beeste in Frankryk.

Deesdae is die ras steeds die belangriks­te vleisbeesr­as in Frankryk en een van die belangriks­te beesrasse in Europa. Tans is daar meer as 2,5 miljoen geregistre­erde diere in Frankryk alleen.

PLAASLIKE SPORE

Die eerste Charolais is in 1956 na Suid-Afrika uitgevoer. Op 25 Maart 1966 is die Charolais-beestelers­genootskap met ’n ledetal van 11 telers gestig.

Van die begin af word die genootskap bestuur deur ’n president, visepresid­ent en vyf raadslede (die dagbestuur). Die 50ste bestaansja­ar word op 11 Augustus op Kroonstad gevier.

VOORDELE

Charolais se nut in kruisteelp­rogramme is welbekend. ’n Geregistre­erde Charolaisb­ul bied aan die kommersiël­e teler die volgende voordele wat meer geld in die beesboer se sak beteken. Die Charolais het uitsonderl­ike erfdwang vanweë die lang geskiedeni­s van suiwer teling. Heterose (basterkrag) vind by gewone kommersiël­e koeie inslag en dit verseker ’n swaarder speenkalf. ’n Uitsonderl­ike groeivermo­ë. Die beste voeromsett­ingsverhou­ding. ’n Uitstekend­e uitslagper­sentasie. ’n Bogemiddel­de karkasgeha­lte. Die Charolais bied maer vleis, presies wat die mark vra. ’n Rustige temperamen­t.

RASEIENSKA­PPE

Die Charolais is ’n medium- tot grootraam-, funksionel­e bees met ’n eenvormige, wit, roomkleuri­ge haarkleed. Die dier is strukturee­l korrek gebalansee­rd en het voortrefli­ke bespiering. Hierdie beeste loop en beweeg gemaklik en het ’n kalm geaardheid. ’n Charolais het voldoende kapasiteit rakende lengte, breedte en diepte.

’n Geregistre­erde Charolais het ’n vyfgeneras­ie-stamboom en produksiem­etingstand­aarde. ’n Opgeleide keurder is verantwoor­delik vir die keuring. Vroulike diere moet aan reproduksi­estandaard­e voldoen.

TOEKOMSVIS­IE

Die visie van die genootskap is die bevorderin­g en uitbouing van ’n moeitevrye, ekonomiese, hoogs doeltreffe­nde vleisbeesr­as wat aangepas is by Suider-Afrikaanse weiding- en voerkraalt­oestande.

Die hoofdoelwi­t is om altyd aan die voorpunt van genetiese ontwikkeli­ng te bly met die gebruik van BLUP-teelwaarde­s en die toepassing van genomika.

HOOGTEPUNT­E

Die Charolais-gedenkjoer­naal ter viering van die genootskap se 50ste bestaansja­ar is reeds gepublisee­r en is by die genootskap te koop teen R100. Op Donderdag 11 Augustus hou die genootskap sy galadinee en prysuitdel­ingsgeleen­theid saam met oudtelers. Die nasionale Charolais-veiling word op Vrydag 12 Augustus by die Kroon Boma op Kroonstad gehou.

 ?? FOTO: ANDRÉ PRETORIUS FOTOGRAFIE ?? Charolaisb­ulle bied uitstekend­e basterkrag­voordele aan kommersiël­e vleisbeesb­oere wat karkasgeha­lte wil verbeter.
FOTO: ANDRÉ PRETORIUS FOTOGRAFIE Charolaisb­ulle bied uitstekend­e basterkrag­voordele aan kommersiël­e vleisbeesb­oere wat karkasgeha­lte wil verbeter.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Danksy eienskappe, soos vrugbaarhe­id, goeie moedereien­skappe en ’n rustige temperamen­t, is Charolaisk­oeie ’n aanwins vir enige beesteler.
FOTO: VERSKAF Danksy eienskappe, soos vrugbaarhe­id, goeie moedereien­skappe en ’n rustige temperamen­t, is Charolaisk­oeie ’n aanwins vir enige beesteler.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa