Landbouweekblad

Brangusse laat die oë rek

Buitengewo­on doeltreffe­nde koeie is ’n kenmerk van die Brangus, wat ontwikkel is om die beste eienskappe van die Angus en die Brahman saam te voeg.

-

Die Brangus het van ’n nederige begin dekades gelede ontwikkel in die vierde grootste vleisbeesr­as in Suid-Afrika. Hierdie ras bied veeboere ’n hele paar bonusvoord­ele, soos sy poena-eienskappe, temperamen­t en produksies­yfers. Die Brangus is ’n geharde en gewilde beesras wat reeds meer as 50 jaar in Suid-Afrika bestaan. Die ras is bekend om sy buitengewo­on doeltreffe­nde koeie. Hierdie beesras is ontwikkel om die beste eienskappe van twee besonderse rasse, die Angus en die Brahman, in een ras saam te voeg.

HOEKOM BRANGUS?

Poena-eienskappe. ’n Geharde ras. Maklike, veilige geboortes. Hoogs aanpasbaar. Kalm temperamen­t. Uitstekend­e weivermoë. Top-koei-tot-speenkalfv­erhouding. Gesogte speenkalwe­rs. Vroeër vanjaar het Brangus SA die suksesvoll­e Brangus-wêreldkong­res en die voorafgaan­de Brangus Fakkel van Hoop-toer deur Suid-Afrika aangebied.

Die Brangus-boodskap is tydens hierdie geleenthed­e aan boere in Suid-Afrika uitgedra. ’n Stampvol kongres het geluister na boodskappe van kenners, soos prof. Norman Maiwashe, drs. Tommy Perkins, Martin Fernandez en mnre. Louw Steytler, Dawie Roodt, Peter Cheales en Sias Booysen.

Die Brangus-wêreldskou het met Suid-Afrika se beste Brangusse gespog. Diere is beoordeel deur mnre. PJ Budler (Texas), Sigi von Lüttwitz (Namibië) en Federico Maisonave (Paraguay).

Tydens die kongres is die groot kuddes van mnre. Christophe­r Sparks (Swinburn) en Mornay Verster (Tweespruit) besoek. Hulle het verseker dat alle besoekers – plaaslik en uit die buiteland – Suid-Afrikaanse Brangusse in hul “werksklere” kon aanskou.

“Ons bedank graag Zoetis, die naamborg, en baie ander borge wat die Fakkel van Hoop-toer en die kongres moontlik gemaak het,” sê mnr. John Rafferty, rasdirekte­ur van Brangus SA.

NASIONALE BRANGUSVEI­LING

Die veiling bly een van die hoogtepunt­e op die Brangus-kalender. Die genootskap hou sy nie-haltermak-Brangus-skou van 9 Augustus op Harrismith, met die veiling op 11 Augustus. Die groot samekoms sal verskeie van die land se beste telers en bulkopers by mekaar bring op La La Nathi by Harrismith.

Sowat 75 bulle en 70 vroulike diere van uitstekend­e gehalte is te koop. Streng keuring verseker dat van die land se beste teelmateri­aal aan stoet- en kommersiel­e telers beskikbaar sal wees. admin@brangus.org.za; www.brangus.org.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa