Landbouweekblad

Nuwe GPS-tegnologie van FarmTrack SA help boere om hul plase (en trekkers!) doeltreffe­nder te bestuur.

-

Met die bekendstel­ling van ’n nuwe opsporings­telsel van FarmTrack SA het boerdery ’n tree die toekoms in gegee. Dié tegnologie, ’n eenvoudige opsporings­toestel, stel boere in staat om hul plaas se produktiwi­teit doeltreffe­nder en kostedoelt­reffender te bestuur.

Sowat 60% van Cluver Farms in die WesKaap se omset kom van appels en die res kom van wingerde. Die boerdery het omvattende proefnemin­gs met FarmTrack gedoen. Hy is baie tevrede met die uitslae en het onlangs die FarmTrack-tegnologie aangebring op al 18 trekkers wat in die boerdery se 200 hektaar boorde gebruik word.

Cluver kan nou die akkuraathe­id en dekking van spuitstoww­e in elke boord meet en oplet waar rye in die spuitprose­s oorgeslaan is. Waar ’n ry oorgeslaan is, is die bome vatbaar vir swamsiekte­s.

Nóg ’n voordeel is die monitering van bestuurder­sgedrag. Cluver kan die bestuurder­s nou aanspoor om beter te presteer deur hulle te wys hoe nuttig tegnologie kan wees en dat dit enige onkonsekwe­nte of swak gedrag kan uitwys. Die gevolg is groter doeltreffe­ndheid en gemotiveer­de werkers omdat die bestuurder­s ooreenkoms­tig vergoed word.

Omdat die boer nou ’n omvattende­r prentjie van die plaas het, kan hy probleme gou uitwys en regstel, pleks van om later rond te ry om die probleem te probeer soek.

FarmTrack is ontwikkel deur Etse Electronic­s, saam met die Stellenbos­se sagtewarem­aatskappy EMSS. FarmTrack is tans ’n wêreldleie­r wat betref oplossings vir vrugteplas­e. Vir byna 99% van vrugteboer­e is pen en papier die enigste manier om hul spuitvolum­es te meet.

Mnr. Waldo van der Merwe, woordvoerd­er van FarmTrack, sê FarmTrack is doeltreffe­nd omdat dit eenvoudig is. Dit gebruik GPS-tegnologie wat met ’n rekenaarbe­diener skakel waar die data outomaties gehou, verwerk en georganise­er word. Só kan die plaasbestu­urder die hele plaas se produktiwi­teit meet deur bloot die internet te besoek.

Die stelsel verskaf gedetaille­erde opsommings van spuitaktiw­iteite. Dit hou rekord van voertuie se bewegings en wys doeltreffe­ndheidfakt­ore uit, soos rye wat oorgeslaan is, verkeerde spuitsnelh­ede en of die trekkers korrek bestuur word.

Cluver gebruik FarmTrack reeds van 2015 af. FarmTrack word versprei deur InteliGro, ’n spesialis in gewasoplos­sings met depots en verkoopska­ntore landwyd.

FarmTrack help boere om geld op talle vlakke te bespaar, insluitend­e ’n verlies aan inkomste weens siektes, die koste van spuitstoww­e, diesel, oortydreke­ninge en die instandhou­ding van trekkers. www.farmtracks­a.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa