Landbouweekblad

Willburg bied bakgat plan met ledige kameras

Gaan haal al die kameras wat nie werk nie, uit die kas waar hulle gehou word. Willburg het die bakgat-oplossing. Die meeste veldkamera­s is te duur om te onderhou of die boekie is te moeilik om te lees, maar Willburg kan die kameras aan die werk kry.

- FOTO’S: MARIEKE SNYMAN

LINKS: Willburg het ’n toepassing ontwikkel wat die foto’s van veldkamera­s wat op die plaas opgestel is, op een plek hou en die boer kan inlig wanneer ongerymdhe­de opgemerk word.

Geen boer kan die hele dag by sy rekenaar wees nie, maar die meeste boere het gewoonlik hul fone die hele dag by hulle. Daarom het Willburg ’n toepassing vir selfone en tablette ontwikkel.

“Dit stel boere in staat om altyd toegang tot die materiaal op hul veldkamera­s te hê en met ’n kennisgewi­ng deur die toepassing ingelig te word wanneer die kameras verdagte bewegings optel,” sê Willburg se eienaars.

Die Willburg-toepassing kan op enige slimfoon (Android en IOS) of tablet afgelaai word. Dit is tot 89% goedkoper as MMS-metodes. Dit werk op enige netwerk, soos Vodacom of MTN, en benodig slegs 2G- of EDGE- opvangster­kte. Sterker antennas kan opgerig word op plase met baie swak opvangs.

Die toepassing sowel as die toegang tot die webwerf waar die foto’s gehou word, is gratis. Dit het maklik verstaanba­re instruksie­s wat jou help om jou kamera in ’n oogwink op die stelsel te kry. Teen ekstra koste het die boer die opsie dat sy simkaarte namens hom bestuur word.

Die boer kry ’n kennisgewi­ng op sy foon wanneer die kamera iets afneem. Die toepassing kan so ingestel word dat dit net op sekere tye kennisgewi­ngs uitstuur.

Die voordeel is dat ’n boer nie ’n magdom e-posse hoef deur te werk nie. Met die gebruik van ons toepassing en sagteware is al die foto’s op een plek en chronologi­es georganise­er.

Boere gebruik die tradisione­le veldkamera­s vir veiligheid, maar ook om seker te maak dinge op die plaas verloop soos dit moet. Die toepassing kan ook nuttig wees vir boere wat nie daagliks op hul plase kan wees nie.

Willburg kan help om kameras opgestel te kry as die boer sukkel. Kliënte kan enkelkamer­as of kombinasie-opsies (met ekstras, soos SIM en SD-kaarte, asook metaalkiss­ies en batterye) vanaf Willburg koop, klaar opgestel en getoets om dadelik te werk.

Willburg werk daaraan om binnekort die lys kameras wat met sy toepassing en sagteware werk, uit te brei. Die kameras kan gestel word om ’n foto te neem elke keer as iets beweeg of op voorafbepa­alde tye. Die program word verfyn sodat die sagteware mense of diere kan herken. Die foto’s kan op die webwerf

en die kliënt se selfoon gesien word in so min as twee minute nadat dit geneem is. Die gehalte hang af van die betrokke kameratoer­usting en seinsterkt­e.

Willburg wil tegnologie op eenvoudige, gebruikerv­riendelike, toeganklik­e maniere aan kliënte bied. www.willburg. co.za, 0743061098, info@willburg.co.za.

 ??  ?? REGS: Willburg se sagteware werk met enige veldkamera. Na gelang van die gehalte van die kamera sal dit in so min as twee minute ’n foto na die toepassing kan stuur.
REGS: Willburg se sagteware werk met enige veldkamera. Na gelang van die gehalte van die kamera sal dit in so min as twee minute ’n foto na die toepassing kan stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa