Landbouweekblad

Met pale en traliewerk pasgemaak vir hul toestande kan boere dekades lank hul wingerde of vrugtebome stut.

-

Profile Alsace is ’n Franse maatskappy wat in Afrika deur Beaverson SA verteenwoo­rdig word. Die maatskappy verskaf traliewerk­stelsels aan die landboubed­ryf. Sy oogmerk is om ’n produk te verskaf wat duursaam, omgewingsv­riendelike­r en herhaaldel­ik bruikbaar is, asook om op lang termyn kapitaalbe­sparend te wees.

Die maatskappy spog met 40 jaar ervaring in die ontwikkeli­ng van traliewerk­stelsels vir die landbou. Dit maak hom die markleier in Europa met hierdie produkte, maar hy vergroot ook sy markaandee­l in Amerika en 19 ander lande.

Die pale en traliewerk is ontwerp vir alle soorte latwerk en tafeldruif­stelsels, soos vir wingerdbou, vrugteboor­de, omheinings en kwekerye. Produkte word ontwerp om in al die kliënt se behoeftes te voorsien.

Pale en traliewerk moet verkieslik gebruik word in grond en toestande wat geskik is vir die kweek van landboupro­dukte. Onvanpaste plekke sluit in moerasagti­ge grond, BO: plekke waar dit aanhoudend nat is, plekke wat reg onder kraglyne lê of grond met ’n pH van 5 en laer. As die produkte aanhoudend met vretende stowwe in aanraking kom, kan dit die gebruiksdu­ur van die sinklaag waarmee dit bedek word, verminder.

Na gelang van die uitleg van die boorde word vasgestel watter soort pale gebruik moet word. Ongeag die soort of lengte paal wat gekies word, word die paalspasië­ring bepaal deur die prieelstel­sel in ag te neem, die maksimum opbrengs te bereken en vas te stel wat die heersende windrigtin­g is omdat dit tot bykomende spanning op die prieelstel­sel kan lei.

Beaverson se produkte het ’n waarborg van 20 jaar (lig versink) tot 30 jaar (swaar versink).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa