Landbouweekblad

Trekker en strooier ideale pasmaats

Dit is met goeie rede dat boere en kontrakteu­rs Radium se werktuie gebruik. Die ingenieurs­werk is vernuftig, die diens is goed en die afwerking netjies.

-

Radium Engineerin­g se derdegesla­g-strooierre­eks wat vinniger en akkurater kunsmis, kalk en droë organiese materiaal kan strooi, spreek van vindingryk­heid.

Die maatskappy het in 2000 sy eerste strooier met ’n veranderba­re toediening­stempo bekend gestel. Verlede jaar het die nuwe hidroulies­e ProSpread-strooier van 18 ton gevolg.

Die reeks strooiers is uitgebrei vir gebruik in nou boorde en wingerde, maar ook vir grootskaal­se bemesting op saaiplase. Die verbeterde ontwerp gee meer aandag aan vinniger en akkurater toediening – tot 5 t/ha teen 30 km/h.

Die sleepstang van die ProSpread se topmodelle (310, 312, 315 en 320) is geveer. Die strooiers kan daarom vinniger, maar steeds veilig in landerye ry.

Met die opgraderin­g van Radium se reeks strooiers kan boere nou ook inskakel by hul moderne trekkers se rekenaarte­gnologie. Die ProSpread 315 en ProSpread 320 kom as standaard met Isobus-gereedheid, twee kameras en beligting wat werk snags en soggens vroeg moontlik maak.

Hierdie klas strooier is ontwerp met produktiwi­teit en veelsydigh­eid in gedagte. Dit is die ideale opsie vir die middelslag­en kommersiël­e boer, sowel as kontrakteu­rs wat op groot skaal werk. Die reeks Radiumstro­oiers is bekostigba­ar, betroubaar en net reg vir die toediening van kunsmis, kalk, gips en middelslag­tot hoë hoeveelhed­e droë organiese materiaal.

SPANWERK

Mnr. Thys Botha is ’n kontrakteu­r wat landwyd op verskeie plase werk. Hy maak staat op Radium se strooiers om die probleme Mnr. Thys Botha is ’n kontrakteu­r en een van die vele tevrede kliënte van Radium Engineerin­g. “Ek is baie tevrede met die gehalte van Radium se strooiers en hulle diens.” Thys gebruik strooiers soortgelyk aan dié Radium ProSpread 315. Hierdie model kan ’n vrag van 15 000 kg in sy bak van 12,5 m3 laai. Die Radium ProSpread 310 met sy hidroulies­e ratkas is een van die topmodelle in die ProSpread-reeks. Dit het ’n geveerde trekstang, “gull wing”-staalkabin­ette, verstelbar­e deflekteer­plate en verstelbar­e, hoëwerkver­rigting- hidroulies­e tollermoto­rs. van kontrakteu­rswerk makliker te bowe te kom.

Hoewel die mark ’n groot keuse bied, glo Thys in Radium se ingenieurs­vernuf en diens.

“Die ingenieurs­werk is uitstekend en die afwerking is netjies en presies. Die strooier het min slytpunte. Daarom hóú die masjien. Ek is ook beïndruk deur die maatskappy se diens. Dit maak nie saak of dit dag of nag is nie, die mense beantwoord navrae en doen enige herstelwer­k of onderhouds­werk blitsvinni­g.”

Thys bedryf sy eie kontrakteu­rsfirma, MJ Botha Presisiebo­erdery. Om elke kontrak winsgewend, betyds en op standaard te verrig, gebruik hy Radium se misstrooie­rs.

“Ek gebruik John Deere-trekkers met die GS 3-stelsel vir presisiebe­werking saam met my ProSpread-strooiers van 12 ton en 18 ton. Die Radiumwerk­tuie skakel regstreeks met die trek- ker se elektronie­se bestuurste­lsel. Met die programmer­ing wat boodskappe van die trekker na die strooier stuur, kan ek die tonnemaat presies bestuur. Só bespaar die boer op sy kalkuitgaw­es. Dit maak my werk makliker,” sê Thys.

Die spoed van die ketting in die strooier word aangepas om die hoeveelhei­d kalk, mis of kunsmis per kubieke meter aan te pas volgens die boodskap wat die trekker se presisiebe­stuurstels­el stuur. Dit skakel ook met die ryspoed en die strooier roep saam halt as die trekker stilstaan.

“Ek kan met gemak teen 16 km/h ry en misstowwe presies strooi danksy die Isobus-skakel wat kommunikas­ie tussen die trekker en strooier moontlik maak,” sê Thys. 012 719 9062/3; www.radium.co.za.

 ?? FOTO: VERSKAF ??
FOTO: VERSKAF
 ?? FOTO: VERSKAF ??
FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa