Pioneer het ’n bemestingsproduk getoets wat veilig is al kom dit met saad in aanraking. Dit is belangrik by gewasse met klein sade.
Aanvangsbemestingspraktyke (pop-ups of starter fertilizer )en biologiese behandelings kan die ontkieming en ontwikkeling van jong saailinge bevoordeel.
Aanvangsbemesting beteken klein volumes plantvoedingstowwe word naby aan die pit geplaas tydens die plantaksie. Die voedingstowwe of biostimulante moet strategies geplaas word om die vroeë groei en ontwikkeling van saailinge te stimuleer. Kan hierdie praktyke wel plantgroei en -ontwikkeling stimuleer?
Geleenthede om plantproduksie te verbeter, soos in die geval van aanvangsbemesting, kan ondersoek word deur die groei en ontwikkeling van die gewas en hul funksies goed te verstaan. Die variasie in klimaat, grond, kleipersentasies, die logingsprofiel van die grondtipe, die toediening van kalk en grondvrugbaarheid het ’n invloed op die reaksie van die praktyk of produk wat ’n mens wil toets.
Tydens die ontkiemingsproses, wanneer die saad water opneem (imbibisie), sal daar nie wortelontwikkeling onder 10 ˚C wees nie. Die eerste wortelstruktuur, naamlik die kiemwortel, begin eers by ongeveer 12 ˚C ontwikkel. Daarop volg die laterale seminale wortels. Die seminale wortels neem nie substansiële voeding op nie en gebruik in dié stadium nog veral die reserwes vanuit die saad.
Net nadat die plant opgekom het, begin die nodale wortelstelsel ontwikkel wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die opneem van water en voedingstowwe vir die saailing. Die benadeling van die nodale wortelstelsel, of as die saad se endospermreserwes uitgeput is, is gewoonlik in die kritieke tydperk waar die jong saailing se ontwikkeling en potensiaal geknyp word.
In die V2-stadium moet die gewas reeds aktief voedingstowwe, soos stikstof, begin opneem. As ’n plant eers agtergeraak het in sy ontwikkeling, raak dit moeilik om weer in te haal, indien ooit.
Menige studie het al bewys oneweredige plantontwikkeling kan tot 23% bydra tot ’n land se produksieverliese.
Die twee primêre omstandighede 072 172 0306. wat nodale wortelontwikkeling skade berokken is: Lewende (biotiese) organismes, soos insekte of siekte. Nie-lewende (abiotiese) fisieke en chemiese faktore, soos grondobstruksies, byvoorbeeld trekkerwielverdigting, oneweredige verspreiding van residue, grondvogtoestande (te nat of droog), koel grondtemperature en kunsmisplasing. Om ’n goeie, eweredige stand te verkry, moet plante met opkoms genoeg voedingstowwe in die nodale wortelsone kan opneem. Dit stimuleer plantgroei en ontwikkeling. Die invloed van aanvangsbemesting word veral in sandleem- en sandslikgrond gesien, of waar grondvrugbaarheid laag is. Studies in Amerika wys dat mielies met die gebruik van aanvangsbemesting ook minder hitte-eenhede nodig het om te begin blom.
SONNEBLOM
Nog ’n vraag is of ’n reaksie op gewasse, soos sonneblom, ook verkry kan word, veral omdat boere dikwels sukkel met plantopkoms in sonneblomlande.
Proewe met aanvangsbemesting en biostimulante is verlede 3. jaar wetenskaplik en statisties in potproewe deur ’n onafhanklike maatskappy uitgevoer. Pioneer se baster Phb 65A70 is gebruik in die meting van saailing-ontwikkeling en wortelmassa 14 dae ná opkoms.
Verskillende konsentrasies van die middels is getoets. ’n Ongunstige reaksie op die wortelontwikkeling van saailinge is gevind teenoor die kontrole, waar die konsentrasie van die produk te hoog geraak het.
’n Betekenisvolle verbetering van 22% is ten opsigte van die saailing se wortelmassa verkry. Die plasingsposisie (onder of op die saad) het nie ’n verskil gehad ten opsigte van die wortelontwikkeling toe lae konsentrasies van die produkte gebruik is nie. Die produk is dus veilig al kom dit met die saad in aanraking. Dit is ’n belangrike faktor by akkerbougewasse met klein sade.
Verdere proewe sal nou wyer by belangstellende boere in 2016-’17 uitgevoer word.